Liza Bronner

Liza Bronner

Liza Bronner | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Liza Bronner is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Sy is as Suid Afrika se nuwe Liefling aangewys tydens ‘n agt weke soektog na die perfekte sangeres om die verhoog te deel met Afrikaans se pop prins Bobby van Jaarsveld.

Liza Bronner - Verlief Op Die Idee Van My (Offisiële Musiek Video)
Liza Bronner - Hier By My (Official Video)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Onderstebo -- 2009
Asemloos -- 2010
Vir eers is dit net ek -- 2011
Jy het my gevind -- 2013
Sit jou hand op jou mond (Single) -- 2014
Dans Op Jou Eie -- 2016

Biografie

Liza Bronner is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Na haar vorige CD – Vir eers is dit net ek -- is Liza se nuwe CD ‘ Jy het my gevind’ vrygestel.

Liza Brönner is as Suid Afrika se nuwe Liefling aangewys tydens ‘n agt weke soektog na die perfekte sangeres om die verhoog te deel met Afrikaans se pop prins Bobby van Jaarsveld.

Die Kyknet realiteits program vervaardig deur Paul Kruger van Hartiwood Films het ‘n nuwe standaard in Afrikaanse realiteits programme gebring. En met ‘n talent soos Liza het sy in die proses baie harte gesteel.

‘Jy het my gevind’ is nie net die titel van haar nuwe CD nie, maar beteken vir Liza baie meer as dit.

Dis ‘n nuwe begin, ‘n nuwe era in haar loopbaan, en Suid Afrika het haar gevind.

Liza wat getroud is met Ricus Nel (een van SA se vooraanstaande sangers) het oornag ‘n huisnaam geword. Ook skouers begin skuur met ons land se top mede-kunstenaars en vermaaklikheids persoonlikede. “Ek kan dit nie glo nie, maar my hart loop oor van vreugde.”

Die nuwe CD bestaan uit nege van haar vorige treffers, agt nuwe liedjies en ‘n bonus DVD, ‘Die storie van Liza Brönner’ wat ‘n in-diepte kyk is in haar lewe.

Voor en na die Liefling reeks asook nuwe onderhoude en musiekvideos.

Liza deel ook van haar vreugdes en hartseer en gee vir haar ondersteuners ‘n paar rare Liza geheime.

Met hierdie CD sal jy duidelik hoor dat Liza op ‘n persoonlike vlak baie gegroei het.

Terwyl sy spog met sewe nuwe liedjies uit haar eie pen het ander skrywers soos Machiel Roets (Musikale Direksie van oa: Liefling) ook gesorg dat jou tone behoorlik omkrul van lekker kry.

‘Jy het my gevind’ is ‘n CD vir die hele gesin en betower aanhangers met twee duette saam met haar man, Ricus Nel.

Asook met pop ikoon Cindy Alter (van Clout).

‘n Paar van Liza se liedjies kry ‘n nuwe baadjie om. En dan is daar ‘n verwerking van Anton Goosen se ‘Jantjie’ waarop die saksofoon legende Barry Snyman ook sy verskyning maak.

Liza Brönner het oor die afgelope vyf jaar met elke vertoning in mense se harte ingeklim.

Met haar sagte, liefdevolle persoonlikheid het sy bewys dat geen geld of roem haar passie vir musiek kan steel nie. Liza Brönner is hier om te bly, lank lewe talentvolle kunstenaars.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis