Lochner de Kock

Lochner de Kock

Lochner de Kock | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Lochner de Kock  is ’n Suid Afrikaanse musikant, akteur, skrywer[ en koskenner. Hy is veral bekend vir sy treffer enkelspeler Tussen Treine, wat hy saam met Richard van der Westhuizen opgeneem het.

Tussen Treine (Richard van der Westhuizen & Lochner de Kock)
Hap saam met Lochner: Hollandse broodjie
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Tussen treine (saam met Richard van der Westhuizen) -- 1991

Vuurklip (saam met Richard van der Westhuizen as Vuurklip) -- 1998

Dorsland (saam met Richard van der Westhuizen as Klip) -- 2001

Haal asem en leer dans -- 2013

Biografie

Lochner de Kock  is ’n Suid Afrikaanse musikant, akteur, skrywer[ en koskenner. Hy is veral bekend vir sy treffer enkelspeler Tussen Treine, wat hy saam met Richard van der Westhuizen opgeneem het.

As akteur het hy in die rolprent ’n Pot Vol Winter en die TV-reeks Getroud met rugby verskyn.

Lochner is ook bekend as ’n sjef en het verskeie Suid-Afrikaanse kookboeke geskryf

Hy spandeer ’n jaar in Londen, waar hy deel word van die Billy Smart Sirkus as sweefstok-arties. 

In 1973 keer hy terug na Suid-Afrika en studeer verder in Drama aan die Universiteit van Stellenbosch.

Van 1975 tot 1977 is hy as akteur voltyds verbonde aan die Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (TRUK) en daarna tot 1982 deeltyds. 

Intussen skryf hy in by die Universiteit van Pretoria en voltooi hier ’n B.A. Drama-graad, waarna hy vir ’n jaar by die Suidwes-Afrikaanse Raad vir Uitvoerende Kunste (SWARUK) aansluit. 

Hy verwerf ook die B.A. Drama Honneurs-graad met lof aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy maak naam as kontinuïteitsaanbieder op televisie (onder andere as mede-aanbieder van Wielie Walie,. Waar hy ook die stem van Sarel Seemonster is), sanger, koskenner, akteur en skrywer. 

Vir KykNet bied hy die kosprogram Kyk-innie-pot aan. Hy verwerk ook stories in episodes en doen vertalings uit Duits vir die radio en televisie. Oor die radio speel hy in verskeie radiodramas en radiovervolgverhale.

Verskeie streeksrade wend hom ook aan as musiekregisseur. Sy verhoogvennootskap as sanger saam met Richard van der Westhuizen sedert 1987 laat hulle regdeur die land optree. Onder andere verskeie kere by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. 

Aanvanklik tree hulle op as duet, maar neem dan die gesamentlike naam Vuurklip aan, later verkort tot Klip.

Saam maak hulle ook verskeie CD’s. Waaronder Tussen treine in 1991 (wat goue status verwerf), Vuurklip in 1998 en Dorsland in 2001. 

Die liedjie Die maan is vol spore besorg aan hom ’n Crescendo-prys vir beste liriek.

Sy openbare optredes sluit ook die produksie Liegendes en ander waarhede in.Waarin hy biografiese materiaal uit sy geskakeerde lewe, musiek, liriek, gedigte en verhale kombineer. 

In 2013 verskyn die album Haal asem en leer dans.

Hy behartig die gereelde kosrubriek in Beeld getiteld Kok in die sop en lewer gereeld kospraatjies oor die radio.

Onder andere in sy eie program Allegaartjietyd, terwyl hy ook die televisieprogram Kyk-innie-pot vir KykNet behartig.

As akteur vertolk hy rolle in films soos ’n Pot vol winter.

Journey to the center of the earth en Alien from L.A. en op televisie tree hy onder andere op in Vyfster, 

Die voortreflike familie Smit, Honeytown, Maak ’n las en Dryfsand. Verder is hy baie betrokke met die oorklanking en opneem van radio- en televisieflitse en speel gereeld in radiodramas.

Lochner is ook bekend as ’n sjef en het verskeie Suid-Afrikaanse kookboeke geskryf, waaronder sy Cordon boer-kosboek.[7] Die Cordon Boer-reeks is ook onlangs uitgebrei om Die Cordon Boer-soute en -souse in te sluit. 

Die maatskappy Zo’Ar Merchandise (Edms) Bpk vervaardig en bemark die produkte in samewerking met Lochner.

Daar is tans ‘n rooksout wat gerook is met rooibos en sjerrie. ‘n Tradisionele braaisout met 17 tradisionele kruie en speserye, die WarmKlapper-sout met klapper en chillie, asook ‘n swart sout. 

‘n Worchester-sous wat in Worcester gemaak word is ook deel van die reeks.

In Februarie 2013 open hy die Vel en Horing in Melville. ’n Kuierplek vir Afrikaanse kos, musiek en drinkgoed, wat wyn en mampoer insluit. 

Hierdie is sy tweede probeerslag met hierdie konsep. Nadat hy tien jaar tevore ook so ’n bymekaarkomplek met dieselfde naam in die Mixer-gebou in Johannesburg bedryf het.

Maar dit na ’n maand gesluit het omdat daar nie eens staanplek vir die mense was wat daarheen gestroom het nie en dit hom te besig gehou het.

Reeds op skool begin hy om gedigte te skryf. Van sy gedigte, sketse en kortverhale verskyn in die tydskrifte Graffier, Stet en Standpunte.

Die televisiedrama Grande Dame word deur P.J. du Toit en Temple Hauptfleisch in Voetlig 2 opgeneem.

Hierin ontmoet ’n beroemde aktrise ’n jong en onervare aktrise. Maar hulle vind dit moeilik om op te hou om ’n rol te vertolk en net bloot hulleself te wees.

Die komiese tweespraak Piet soek werk word opgeneem in ’n Rooie met ratte, Pa, saamgestel deur Ulla Schüler en Temple Hauptfleisch.

Hierdie versamelbundel bevat ook van sy gedigte.

’n Mens kan ’n masjien nie vertrou nie (wat hy later self heruitgee onder die titel Liegendes) bevat verskeie kort tekste. Met die verhaal George se plek ’n hoogtepunt.

Hierin neem ’n baas wraak op buitelandse kliënte wat sy eetplek beledig. Met die onthulling van sy wraak wat fyn en subtiel geskets word. 

Sy kortverhaal Kleinjan en Brolloks word deur Abraham H. de Vries in die versamelbundel Steekbaard opgeneem. Verder skryf hy verskeie kookboeke soos Kok in die sop, Cordon Boer en ’n Smaakfees uit Suid-Afrika.

Hy skryf ook fantasie kinderboeke oor Matyn die stermannetjie en Kelin die dwergmannetjie,.

Sy kinderverhale Die dag toe Danser Vuurman sy kop verloor het, en Adami word opgeneem in die versamelbundel Goue fluit, my storie is uit onder redaksie van Linda Rode. 

Hy vertaal ook verskeie kinderverhale  van Neil Morris in Afrikaans.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis