Lollos

Lollos

Lollos bied fantastiese en unieke vermaak vir kinders in Afrikaans en nou ook in Engels!  Saam met Lettie, Disco & Karla maak die vriendelike karakter van Lalaland seker kinders oor die hele land word sommer lekker fiks!

Lollos en Lettie kom kuier slegs op aarde as kinders opgewonde lag: dan werk hulle vlerkies en kom kuier hulle by ons! Gedurende hul lewendige vertonings en vrolike CD’s en DVD’s word daar saam gedans en boonop leer die kleinspan natuurlik ook altyd iets op ‘n prettige manier.

Lollos: Dans in Afrikaans
Lollos Wikkel Wikkel Wik
Kry 'n kwotasie vir Lollos
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

1* DVD 1: My naam is Lollos! (DVD)

2* DVD 2: Bons dat dit Gons! (DVD)

3* DVD Lollos 3: Boem boem ons gaan Groen! (DVD)

4* DVD 4: Oe La La Suid-Afrika! (DVD)

5* DVD 5: Ek kyk na my lyf! (DVD)

6* DVD 6: Lalaland! (DVD)

7* DVD 7: Laat Jou Bene Bewe! (DVD)

8* DVD 8: Skaterlag! (DVD)

9* DVD 9: Mallemeule (DVD)

ENGLISH DVD: Tickle Wiggle & Giggle (DVD)

Lollos en Lettie 10 jaar Basaar!

Biografie

Fantastiese en unieke vermaak vir kinders in Afrikaans en nou ook in Engels!  Saam met Lettie, Disco & Karla maak die vriendelike karakter van Lalaland seker kinders oor die hele land word sommer lekker fiks! Lollos en Lettie kom kuier slegs op aarde as kinders opgewonde lag: dan werk hulle vlerkies en kom kuier hulle by ons!

Gedurende hul lewendige vertonings en vrolike CD’s en DVD’s word daar saam gedans en boonop leer die kleinspan natuurlik ook altyd iets op ‘n prettige manier.

Lollos het in 2008 ontstaan met die uitreiking van hul eerste CD deur Minki Burger en Alta Joubert.  Die liedjies op die CD’s, DVD’s en vertonings is vrolik en ‘funky’ en oud en jonk sal beslis nie stil sit gedurende die opgewekte musiek nie. Daar word natuurlik ook altyd iets geleer aan die kleinspan: ABC, tel, dae van die week, opruim, gesond eet, fiks word, Suid-Afrika, die wêreld en herwin is maar net van die temas.

Minki Burger is nie meer betrokke by vertonings nie maar steeds die kreatiewe brein agter Lollos.  Alta Joubert se laaste verskyning was op Lollos 8 Skaterlag! en vir nou fokus sy eers op haar eie gesin en musiek.

Daar is reeds 8 x Afrikaanse DVD’s uitgereik deur die span en almal van hulle het platinum status bereik. Die eerste Engelse DVD met die titel, Lollos & Lettie: Tickle, Wiggle  & Giggle! is in 2017 vrygestel.  Hier vermaak Zandi & Choma die kleinspan saam met Lollos en Lettie.

Ons grootste prys is as kinders ons musiek geniet en heerlik sing en dans.  Ons is egter ook al beloon met fantastiese pryse: ‘n SAMA toekenning vir beste Afrikaanse kinder CD en ‘n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste DVD verkope in Afrikaans.

Verder is daar ‘n wye reeks produkte beskikbaar: Lollos, Lettie & Foempie sagte speelgoed/poppe, T-hemde, strandballe, rugsakke, storieboek, App’s en ’n partytjiereeks.  Ons werk gereeld aan nuwe, opwindende produkte om die reeks uit te brei vir ons oulike aanhangers.

Die vertonings is uiters gewild en boonop byna altyd uitverkoop.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse kunstenaars Lollos
On Stage Suid Afrikaanse kunstenaars Lollos
Musiekhuis Suid Afrikaanse kunstenaars Lollos