Manie Jackson

Manie Jackson

Manie Jackson | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Manie Jackson is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Geniet  sy musiek wat  opkikker; boonop  deur ‘n stem vertolk  wat die passie van musiek  tot sy reg laat kom!

Manie Jackson - Donker Hart
Manie Jackson - Nog Net Een Keer
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Manie Jackson --  2010 – Dubbel Platinum

Liefde En Genade -- 2011 – Platinum

Sprei Jou Vlerke -- 2012 – Goud

Tydlose Treffers -- 2013 – Platinum

‘n Spesiale Aand Met Manie Jackson -- 2013 – DVD

n Spesiale Aand Met Manie Jackson -- 2013 – CD

Onthou My -- 2014 – Goud

Dankie Heer -- 2015 – Goud

In Duet Met Ons Legendes -- 2016 – Goud

Grootste Treffers -- 2017 -- DVD

Platinum Treffers -- 2017

Palms van my hande -- 2017

Op ń hoë noot -- 2018

My Beste En Meer -- 2019

Biografie

Manie Jackson is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Hy  is gebore op 30 Desember 1979 in  Pretoria. Sy skoolopleiding ondergaan  hy aan die Voortrekker Laerskool in Pietermaritzburg  en die Hoërskool Wolmaransstad.

Sy  talente  het reeds  op skool begin  wys toe hy in standerd  8 ‘n gedig die lig laat sien  het. Waarmee hy dan ook ‘n prys  verower het. Die gedig, Die Lewe, is  in 1995 gepubliseer in die digbundel Die  Fakkellig.  

Verdere  eer kom hom  toe toe dit ook  die daaropvolgende jaar  as voorgeskrewe werk vir  standerd 8 leerlinge by die  hoërskool Wolmaransstad gebruik  word.

Hy  het selfs  vir sy skool drie  atletiekliedjies gekomponeer.  

Sy  liefde  vir musiek  is gebore uit  sy aanhang vir  kunstenaars soos Bles  Bridges, Carike Keuzenkamp,  Rina Hugo en Elvis Presley.

In  Augustus  1997 maak  Manie Jackson  sy debuut op die  verhoog tydens die landswye  Tahila-talentkompetisie in Johannesburg.  

Hierna  het hy aan verskeie  ander kompetisies deelgeneem  o.a. Overvaal Stereo se landswye talentkompetisie,  waar hy dan ook die eerste plek vir eie komposisie behaal  het met die snit Pappa Waar Is Jy? 

Verder  het hy ‘n  tweede plek behaal  in die kategorie Mans-Solo,  en ‘n derde plek in die kategorie  Algehele Wenner. In 1998 word Manie  se debuut-CD vrygestel getiteld Wie Sal  Weet?  

Die  album  lewer ses  eerste plekke, twee  tweede plekke en twee  vierde plekke op by verskeie  radiostasies se treffersparades. 

Onder andere  IFM 102.2, Overvaal  Stereo en Radio Pretoria.  Die snit Platsak is ook deur  Radio Pretoria gebruik as kenwysie  vir hul finansiële program. Die lirieke  daarvoor is deur Manie self geskryf.

In  1999  word Manie  aangewys as IFM  se Countrysanger van  die jaar en deel ook die  toekenning as Algehele Country  Kunstenaar van die jaar met Bobby Angel.  

Hy  ontvang  ook die toekenning  vir die Countrytreffer  van die jaar met sy weergawe  van You’re The Reason. Later die  jaar word sy tweede CD ook vrygestel  getiteld My Lied Vir Jou.  

Vanaf  hierdie  album behaal  hy ook verskeie eerste  plekke op die genoemde gemeenskapsradios.

Uiteindelik  is daar weer  ‘n stem om opgewonde  oor te raak! Hier is Manie  Jackson met sy eerste Select-album! 

Hy sing country, hy sing pop, hy sing  ballades, hy sing dansnommers.

Kortom:  hy kan en  mag maar sing!  Hy doen dit jare  al en met daardie volronde  stem het hy talle musiektoekennings  verdien. Nou kry die hele land die  geleentheid om sy stemgehalte en vertonings  te geniet.

Die  repertoire  is saamgestel  uit Europese melodieë  wat die volle omvang en  krag van sy stem (van suiwer  tenoor tot ryk bariton) ten toon  stel -- met Afrikaanse, luistergerigte  lirieke deur Sarah Theron, Neil Schoombee,  Don Kelly en Manie self.

Daar  gaan gejol  word op Laat  die mense praat,  Ek begeer (jou elke  keer net meer) en Vonke spat,  gelangarm op Julia, Hier is my  hart (Amorè Amorè) en Jy het my  hart verlei. Gewals op Bring die sterre  nader en Onthou die eerste keer en gejodel  op In Suid-Afrika kraai paartie koning of hoe?  (met die vreugde van konsertina!).

Hy  streel  met die  ballades Die  hemel weet, Totsiens  is nooit verniet, Hande,  Engele en Kom laat my weer  lewe. In Engels wys Manie met  sy vertolking van Dennis East se  komposisie The trouble with love waarom  countrypop sy fortè is!

Sedert  die vrystelling  van diè album het  Manie die byna onmoontlike  vermag om binne drie maande goue-status  daarmee te bereik, en die album is sterk  op pad na platinum! Verskeie radio- en televisietreffers  is ook opgelewer. 

So  het Julia  vir 10 weke  die nommer-1 posisie beklee  op RSG se Groot 5; Die hemel  weet was vir verskeie weke nommer-1  op tallegemeenskaps-radiostasies, waaronder  Overvaal Stereo, Radio Houtstok, Bay FM en  IFM 102.2.

Manie  se twee  video-opnames  van Die hemel  weet en Julia is  ook gereeld te sien  op die kassie.  

En  daarby  het hy ook  nou al verskynings  op TV gemaak, o.a in  die programme DKNT (sy album  kuier al vir weke op die Top  10!), Jukebox en Opskop.  

Manie  het ook  sopas die SAMA-toekenning  in die country-genre verower,  en daarby ook nog vriend en vyand  verras toe sy album “MJ” na slegs tien  maande platinumstatus bereik!

Hy  het beslis  sy merk gemaak  en het reeds Sterstatus,  en kan deesdae nie voorbly  met optredes by verskeie funksies,  klubs en nasionale feeste nie.  

Sy  optredes  is ook gemik  op oud en jonk,  en bevat verskeie  musieksoorte, om aan  almal se smaak te voldoen! 

Geniet  musiek wat  opkikker; boonop  deur ‘n stem vertolk  wat die passie van musiek  tot sy reg laat kom!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis