Marulaboom

Marulaboom

Marulaboom | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Marulaboom is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Sy eerste enkelsnit, “Doen die sexy hoender” het ‘n nasionale treffer en ‘n partytjie gunsteling vir elke geleentheid geword.

marulaboom - Doen Die Sexy Hoender (AMPTELIKE MUSIEK VIDEO)
Klein Saterdag MARULABOOM
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Afrikaans Vir Altyd -- 2010

Di Jam -- 2011

Doen Die Sexy Hoender -- 2013

Ek Is Jou Fan (Marulaboom sing Leon Schuster) -- 2015

Stokmandans -- Single -- 2019

Klein Saterdag -- Single -- 2019

Booze Cruise -- Single -- 2019

Sakkie Sywurm -- Single -- 2019

Braai vir Brêkvis (feat. Stoffel) -- Single -- 2019

Agter Op Die Donkiekar -- Single -- 2019

Wies Jou Boss? (feat. DJ Ossewa) -- Single -- 2019

Reën vir Kersfees -- Single -- 2019

Biografie

MarulaBoom is ‘n Suid Afrikaanse kunstenaar. Sy eerste enkelsnit, “Doen die sexy hoender” het ‘n nasionale treffer en ‘n partytjie gunsteling vir elke geleentheid geword.

Ná sy landwye beweging met sy aansteeklike liedjie Doen die sexy hoender van sy album Afrikaans vir altyd, skud Marulaboom sy blare af met die belofte van nóg ‘n eiesoorige, opwindende album – Di JAM – die enigste dansalbum wat jy vanjaar moet gaan gryp! 

Met sy vermenging van die bekende en die gewilde, met oorspronklike vernuwing, bederf Marulaboom sy aanhangers dié keer met eksperimentele, elektroniese klubklanke – Elektrodanz, soos jy Afrikaanse musiek, met Engels bygeklits, nog nooit gehoor het nie!

Op vernuftige wyse vermeng hy reuse-treffers soos Voshaarnooi, Lieing, Reik na die sterre en Boesmanland, Wie maak vir Gansbaai lekker?. Tant Koek se hoenderhaan, Oudtshoorn is ‘n grootvoëlparadys, Ver ini ou Kalahari, Klein bietjiewyn en ander stuitighede in byderwetse treffertegnieke. 

Tussen die ander lekkertes hierop is daar nog Shooting star, Prinses, Dis volmaan baby, En toe word ek awesum en die duette Di Jam (met Charl Smit) en I wanna be a cowboy (met Chrizaan). Sexy, manne, sexy! In Engels word daar lekker ge”JaM” op onder meer Whisper your secret met nasionale klubradioreg.

Staan opsy, want hier is ‘n bóóm met ‘n crazy wortel wat die dansvloere gaan verrinneweer! Jy sal maar jou passies moet ken as jy nie bene en ander goete wil knoop op die maat van sy malmeester-moves nie! 

Jip, dis kuiertyd. Vergeet van die gym! Marulaboom is gereed om sy energievars-vertoning te elektriseer… op pad na jou toe… Marulaboom en DJ van Niekerk se oorspronklike nuutskeppinge in dié splinternuwe genre is puik!

Wees gewaarsku: Jy gaan Di Jam-ding moet doen… Gryp ‘n tak! Die ding ruk mal!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis