MD Greyling

MD Greyling

MD Greyling | Suid Afrikaanse Kunstenaars

MD Greyling is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is geen onbekende in die musiekbedryf nie. Hy is ook  ’n omroeper by Pretoria FM.

Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Droomkasteel – 2005

Binne My – 2007

Foto’s Teen Die Muur – 2012

MD Greyling – 2014

Biografie

MD Greyling is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is geen onbekende in die musiekbedryf nie. Hy is ook  ’n omroeper by Pretoria FM.

Op ’n vroeë ouderdom het MD al die liefde vir klavier en kitaar ontwikkel; dit was egter sy skryfwerk en stem wat hom na hoë vlaktes gelei het. 

MD is deur meeste van ons top sangers al genader om as agtergrondsanger en harmoniseerder op hulle albums te werk. Wat harmonieë en verwerkings van melodieë aanbetref, is MD sekerlik een van ons bestes. 

MD is tans een van Suid-Afrika se gewildste liedjieskrywers wat al vir menige kunstenaars, soos Theuns Jordaan, al geskryf het. 

Sy unieke styl laat jou dadelik dink aan die John Lennons, Billy Joels en Elton Johns van die wêreld. Buiten MD se besondere skryftalent, is hy ewe gemaklik agter die klavier en kitaar, waarin hy ook kennis opgedoen het by die destydse Technikon van Pretoria se Jazz departement. 

MD is nie net bekend as solokunstenaar en skrywer nie, maar is ook deel van die Ses Snare. Met ’n skrywer en sanger soos dié in ons bedryf sien ons uit na ’n rooskleurige toekoms vir die Afrikaanse musiekbedryf.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis