Nadine Blom

Nedine Blom

Nadine Blom | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Nadine Blom is ‘n bekroonde Suid Afrikaanse sangeres, motiveringspreker en skrywer.

Sy het regoor Suid – Afrika bekendheid verwerf vir haar vurige rooikop, warm verhoogpersoonlikheid en fluweelstem. 

Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

2008 -- Supercool CD / DVD 

2009 -- Supercool Vir Jesus CD/DVD

2010 -- “Supercool 2 Partyhits” CD/ DVD

2011 -- “Supercool vir Jesus 2” CD / DVD

2011 -- “Supercool for Jesus” CD /DVD 

2016 -- “Wiskunde is Supercool” CD

Lig Breek Deur (Single) -- 2019

Heal our Land -- 2018

My Inspirasie -- 2011

Passie vir worship -- 2010 

Met My Hele Hart 2007

Veer -- 2005 

Reën -- 2003

Biografie

Nadine Blom is ‘n bekroonde Suid Afrikaanse sangeres, motiveringspreker en skrywer. Sy het regoor Suid – Afrika bekendheid verwerf vir haar vurige rooikop, warm verhoogpersoonlikheid en fluweelstem. 

Nadine het twee Suid Afrikaanse Musiektoekennings, ‘n Ghoema toekenning, Bokkie toekenning en Flam Toekenning verwerf. Vir haar bydrae tot die Suid Afrikaanse musiekbedryf en goue status verwerf met etlike vrystellings.

Sy tree graag op as sanger, motiveringspreker en skrywer. By spesiale geleenthede wat insluit vroueoggende, Hoër en laerskoolgeleenthede, kerkgeleenthede, huiskonserte ensomeer.

Nadine het haar laerskoolloopbaan by Laerskool Lynnwood (Pretoria) afgeskop en voltooi aan Laerskool du Preez van Wyk.

Sy matrikuleer aan die Hoërskool Erasmus, waar sy later jare erekleure ontvang vir haar bydrae tot die skool se kuns en kultuur skat.

Sy is ook verkies tot die leerlingraad in haar matriekjaar.

Nadine Blom is in die regte gekwalifiseer met onderskeidelik BLC (Bacalareus Legum Civilus),LLB (Legum Bacalareus) en LLM (Legum Magister).

Sy het haar regsgrade onderskeidelik verwerf aan die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van Johannesburg. 

Na haar toelating as prokureur, het sy deeltyds haar sangloopbaan beoefen terwyl sy ook in die korporatiewe omgewing as regsadviseur werksaam was.

Haar seun, Adriaan, is in 2002 gebore. Sy het mettertyd die regsberoep vaarwel geroep en haarself voltyds gewy aan haar sangloopbaan.

Haar debuut CD, getiteld Reën, is onafhanklik vrygestel in 2003.

Dit bevat ses van haar eie liedjies. Haar tweede album, “Veer”, bevat 10 liedjies uit haar eie pen in 2005.

Sy is genooi om op te tree in Kanada en België met hierdie eg-Afrikaanse liriekgedrewe musiek. 

2006 stel sy ‘n keltiese klassieke album vry, getiteld “Met my hele hart”, deur EMI.

Sy word in dieselfde jaar gekroon as Mev. Verenigde Nasies Suid-Afrika asook die Eerste Prinses in die Mevrou Verenigde Nasies Internasionaal in Los Angeles.

In 2008 stel sy die eerste van ‘n reeks kinder-CD’s en DVD’s vry getiteld “Supercool” waarvan sy die uitvoerende vervaardiger is.

2009 ontvang sy ‘n SAMA vir die beste Afrikaanse kinderalbum met hierdie vrystelling. 

2009 volg ‘n verdere Supercool, getiteld “Supercool vir Jesus”, en ontvang sy ook gedurende 2010 ‘n SAMA-toekenning in die kategorie beste kinderalbum (Afrikaans) vir Supercool vir Jesus.

Blom is ook ‘n motiveringspreker en tree nasionaal op by damesoggende.

Sy het gedurende 2011 ‘n CD vrygstel getiteld “My inspirasie vir my vriendin”, die titelsnit “My inspirasie” is opgedra aan die vroue van Suid-Afrika.

Geskryf deur Blom en Dennis East en is op verskeie Radiostasies in Suid-Afrika gespeel. 

Sy vertoon ook haar wye vokale vermoë op “My inspirasie vir my vriendin”. Met snitte soos “O mio babino caro” en “Don’t cry for me Argentina” as klassieke sobrette sopraan.

Nadine het reeds op 12 voorblaaie gepryk en in meer as 28 publikasies.

Dit sluit in Sarie, Finesse, Baba & Kleuter, Volksblad, Vrouekeur, Intiem, Rooi Rose, Lig, Leef, Beeld, Rapport, Die Burger, Huisgenoot, Woman in Home ens.

Sy het onlangs haar meestersgraad in Internasionale reg aan die Universiteit van Johannesburg voltooi met tema “Human Trafficking”.

Sy is ‘n menseregte kampvegter en het daarom die menseregteveld gekies as rigting vir haar verdere studies. Nadine lewer gereeld landswyd toesprake rondom aanlynveiligheid en die gevare van sosiale media.

Gewilde temas vir motiveringsgeleenthede:

Ankers vir Vandag – lig die ankers van pyn en teleurstelling, kom span jou seile in die wind.

Mensehandel – Hoe beveilig ek myself en my gesin. Aanlynveiligheid & sosiale media veiligheid.

Vrou wees, jou grootste wapen.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis