Nicholis Louw | Suid Afrikaanse Kunstenaars
Nicholis Louw is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Sy debuut-album My Hart Is Aan Die Brand het aan Nicholis Louw driedubbele goue status besorg. Platinum en wéér goud – verkope wat die 80 000-kerf verbygesteek het.
Diskografie
2003 – My Hart Is Aan Die Brand
2005 – Rock Daai Lyfie
2007 – Hier Naby Jou
2008 – Vergeet en Vergewe
2008 – Elvis On My Mind
2009 – Energie
2011 – Ek Is Daar Vir Jou
2012 – Gebed Van ‘n Sondaar
2014 – So Rock Ons Die Wêreld Reg
Biografie
Sy debuut-album My Hart Is Aan Die Brand het aan Nicholis Louw driedubbele goue status besorg. Platinum en wéér goud – verkope wat die 80 000-kerf verbygesteek het.
Dié album het hom twee Geraasmusiekbenoemings besorg en sy gewildheid as die blinkste nuweling geanker. Nicholis Louw is steeds die geur van die oomblik en die toekoms!
Met liedjies soos My hart is aan die brand, Ek wil my baby hê vanaand en Net die een vir my (saam met die smeulende kurwebênd Shine 4) het hy treffersparades landwyd geknák.
Met die opvolgalbum Rock Daai Lyfie het Nicholis en die produksiespan Don Kelly, Marc Brendon en Robin Kielly daardie welslae herhaal.
Die uitdaging was om dié vaardigheid op DVD ten toon te stel. Die resultaat is Nicholis Louw se DVD Rock Daai Lyfie LIVE – gewis een van die duurste en blinkste produksies van 2006.
Jy kry nie ‘n meer energieke konsert op DVD nie! Oor die 1 200 mense het die konsertopname by die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein meegemaak.
Hy doen ál sy gewilde werk – en méér. Tussen die gehoorgunstelinge was gewis Nicholis se weergawe van Miserere (saam met Die Drie Tenore), Purple Rain (met Nicholis self op elektriese kitaar in ‘n rockgeveg met Juan “Floors” Oosthuizen) en sy reuse-treffer, Net Die Een Vir My (Maia Hee – saam met die kurwebênd Shine4).
En dan is daar dié bonusvideo: Nicholis se Elvis Presley-keurspel waarin die treffers Can’t Help Falling In Love, Love Me Tender en Crying in the Chapel) versmelt word: met ‘n stemdiepte en intense vertolking wat roer.
Die DVD bevat ook ‘n onderhoud met Nicholis en sy bewonderaars vertel presies waarom Nicholis Louw die Prins van Afrikaanse poprockmusiek is!
Nicholis is ook ‘n balladevertolker en sy vokale vertolking van Mendelssohn se troumars op die Die Trouesokkie-album is ‘n musikale juweel.
Hy het ook diep getref met sy gospelvertolking op die album Dankie Heer!
Nicholis Louw is een van die veelsydigste vertolkers in Suid-Afrikanse musiek. Hy kán immers ook soos gewilde wêreldstingelbêndlatte, gruisstemsterre en Latynse smeulprinse klink.
As sessiemusikant, wat sy eiesoortige stempel op internasionale treffers afdruk, is sy stem al oor vele albums benut. Dié talentvolle man, wat as tjjokkertjie pryse met sy orrelspel verower het, is eweneens bedrewe in polspop, rock en romantiese ballades.
Suid Afrikaanse Kunstenaars