Pedro Kruger

Pedro Kruger

Pedro Kruger | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Pedro Kruger is ‘n Suid Afrikaanse sanger, pianis, storieverteller, verhoogakteur en komponis.

Pedro Kruger en Juanita du Plessis - Onthou my
Pedro Kruger en Robbie Wessels - Woestyn
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Filmografie

Proesstraat -- 2010

Lied van die Lappop -- 2001

Die Maan Val Bewusteloos -- 2017

Klavier Kuiers met Pedro

Biografie

Pedro Kruger is ‘n Suid Afrikaanse sanger, pianis, storieverteller, verhoogakteur en komponis.

Hy was bloot 15 jaar oud toe hy as Benjamin Komoeti in die verhoogproduksie “Fiela se kind”, sy professionele buiging op die verhoog gemaak het. 

Net daar het die vermaaklikheidsbedryf hom hard en duidelik geroep. Hy was 4 jaar lank lid van die wêreldbekroonde Tygerbergse Kinderkoor.

Pedro het veral ook bekendheid verwerf vir sy solo musiekteaterproduksies waarin hy akteur, sanger, pianis en storieverteller is. 

Sy teaterhoogtepunte sedert 2000 sluit in. Lyf, Junkie drome, Vrou wat haar man gekook het, Op die vrou af 1 en 2, Festen en Dinsdae by Morrie in. 

Een van die produksies waarop hy uitsonderlik trots voel, is Lyf, wat in Engels vertaal is as Normality.

Hy was al by die Edinburgh Kunstefees, sowel as in New York op die planke . 

As hy nie self op die verhoog of televisie is nie, doen hy regie, musiekregie, stemwerk en mentorskap programme. Saam met ATKV ( Cresendo liedjieslypskool en tienertoneel). 

En dan is daar Wordsmith’s Theatre Factory, Pedro en Hennie van Greunen se teatermaatskappy, wat topgehalte produksies vervaardig. 

Onlangse suksesse sluit in Rondomskrik. Shirley Valentyn. Die Naaimasjien. Vir ewig en altyd. Ook Die Leo’s en Wentel, My briljante egskeiding, Pa en Boontoe! ( Engelstemme vir Paassondag) 

Wanneer die gehoor by die teater uitstap met ‘n glimlag op die gesig of trane in die oë, voel Pedro gelukkig omdat hy weet hy het in sy doel geslaag. 

‘n Klavierkuier met Pedro 

In Klavierkuier met Pedro deel hy vir die eerstekeer die asembenewende musiekreis van sy eie lewe. En ‘n loopbaan wat reeds oor drie dekades strek! 

Vanaf sy professionele buiging op ouderdom 15, in ‘n verhoogverwerking van Fiela se Kind. Na intieme kykies na klavierkuiers as seun saam met sy eie gesin. Tot by internasionale optredes in wêreldstede soos Edinburgh en New York!

Gehore kry ‘n spesiale kykie in die wêreld van Pedro Kruger. ‘n Kunstenaarsfenomeen en ‘n briljante blik op wat menswees regtig is. 

Soos gedeel vanaf sy “gunsteling sitplek in die wêreld”: daai een agter die klawers van die vleuelklavier! Moenie hierdie skitter-produksie misloop nie! 

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis