Philip Moolman

Philip Moolman

Philip Moolman | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Philip Moolman is ‘n Suid Afrikaanse akteur, sanger en liedjieskrywer. Hy is veral bekend vir sy TV-rolle as Andre Vorster in Egoli en Neil MacDonald in Sonkring.

Phillip Moolman - Ek huil oor jou
Philip Moolman - Jy's my hele lewe
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Deur Die Lewe

Dis Al -- 2007

Vissies (Single) -- 2018

Biografie

Philip Moolman is ‘n Suid Afrikaanse akteur, sanger en liedjieskrywer. Hy is veral bekend vir sy TV-rolle as Andre Vorster in Egoli en Neil MacDonald in Sonkring.

Sy loopbaan het in 1989 begin, en hy word bekroon (deur S.A.B.C, BEELD & E.M.I). As beste sanger en liedjieskrywer in ‘n landwye kompetisie. (Dit was die ‘Pop Idols’ van destyds.)

Sy toneelspel loopbaan het geblom, voordat sy musiekloopbaan begin het. 

Egoli, Sonkring, Die Prins van Pretoria, Skattejag, Inside Out, Konings, Torings, The Fourth Reich, Wenners, Hillside.

Ook Rhythm City, Die Netwerk, Binnelanders, High Rollers, Getroud het Rugby ontmoet en verskeie ander produksies het gevolg.

Hy het ook ‘n ARTES AWARDS-benoeming ontvang vir die beste aanbieder (as die helikopter-stuntman) in die program “Skattejag / Treasure Hunt” -- volgens Philip Moolman: “my beste werk ooit.”

As die Afrikaanse ‘Pop Idol’ van destyds (wat eers akteur geword het), het sy musiekloopbaan eers afgeskop nadat sy kontrak met Egoli in 1995 verstryk het.

Daarna het hy vir ‘n periode van 7 jaar op ‘n musikale toer gegaan -- wat alle provinsies van Suid-Afrika sowel as Namibië gedek het.

Die hoofrolle in 4 musiekblyspele volg: ESTHER, LIEFLING, DROOMKIND & ONS VIR JOU, asook die film “Snaaks Genoeg.”

‘Ek is mal oor die korporatiewe vermaakbedryf. My nuwe C.D. is op pad, ‘n reisprogram. En verskeie hoofrolle in musiekblyspele, film en televisie wink ”, sê hy met ‘n vonkel in die oog.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis