Pieter Naude

Pieter Naude

Pieter Naude | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Pieter Naude is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Sy selfgetitelde debuutalbum is in 2006 deur Select-musiek uitgegee.

Pieter Naude - Hier vir jou
Pieter Naudé - Wanted
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Pieter Naudé -- 2006

Wag vir jou -- 2008

Gee My Net Vlerke -- 2015

Biografie

Pieter Naudé is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Sy selfgetitelde debuutalbum is in 2006 deur Select-musiek uitgegee.

Hy is ook die broer van die bekende sangeres, Juanita du Plessis.

Die Suidwester, is gebore en getoë in die destydse Suidwes (vandag Namibië) en ‘n stoere Blou Bul ondersteuner. 

Pieter, wat al vir meer as 20 jaar bedrywig is in die musiekbedryf geniet dit om musiek te maak en het nog altyd gedroom om die hoogste sport te bereik.

Pieter en sy vriend, Rennie Strauss het in 1990 ‘n tweeman orkes in Windhoek begin, genaamd Zenith. 

Hulle het vir 12 jaar die hele land plat getoer. Pieter en Rennie het later in samewerking met Juanita du Plessis (Pieter se suster) en swaer Doepie die groep Jupidu gestig en ten minste eenkeer per maand saam opgetree.

Musiek is beslis in hierdie boetie en sussie se bloed. In 2002 het Pieter Namibië verruil vir Suid Afrika en ‘n nuwe lewensboek begin, weg van die bekende. 

Hy het vir ‘n paar maande saam met Juanita en Doepie getoer en gehelp met die beligting op haar vertonings.

In 2004 het Pieter besluit om weer self op die verhoog te klim en te sing. Select Musiek was daar om Pieter se eerste CD, Mooiste Meisie, bekend te stel. 

Hierdie CD was baie goed ontvang deur Suid-Afrikaanse sowel as Namibiese gehore en het vir meer as 5 weke op die DKNT Top 10 gepronk. 

Hy is vereer met Nuweling en liedjie van die jaar op SA Country top 10.

Pieter is ook in 2006 genomineer as “Nuweling van die Jaar” tydens die Huisgenoot Tempo Toekennings en het ‘n gewilde gesig en stem geword op TV; by feeste; bekende kuierplekke ens.

Nadat hy deur een van die giftigste spinnekoppe, gebyt is en daarna gediagnioseer is met ‘n gewas op die brein het Pieter sy sangloopbaan bietjie opsy geskuif en behoorlik herstel.

Pieter se 2de album is uitgereik deur Juanita Records en Maroela Musiek. Pieter se nuutste CD is een van die opwindste CD’. Die duet met Juanita, Wag vir jou,en ook die titel van die album asook vele ander gaan baie voete laat skuifel oor die dansbaan!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis