PJ Cruz

PJ Cruz

PJ Cruz | Suid Afrikaanse Kunstenaars

PJ Cruz is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Gedurende 2015 is sy album Te Goed Om Waar Te Wees  vrygestel.

Die musiek spreek tot ‘n inklusiewe Afrikaanse gehoor en met sy rasperstem, alombekendheid op die platteland.

PJ Cruz - TE GOED OM WAAR TE WEES
PJ Cruz - Spoorloos Verdwyn
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Te Goed Om Waar Te Wees -- 2015

Biografie

PJ Cruz is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Gedurende 2015 is sy album Te Goed Om Waar Te Wees  vrygestel.

Die musiek spreek tot ‘n inklusiewe Afrikaanse gehoor en met sy rasperstem, alombekendheid op die platteland.

En sy aantreklike Afrikaner-man voorkoms wag daar beslis ‘n blink toekoms vir PJ in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

PJ het vir hierdie album sy lyf skrywer gehou maar ook befaamde skrywers soos Christoph Kotze (Appel), Ampie du Preez en Johan Oberholzer ingespan. 

Onder leiding van vervaardiger, Murray Lubbe, kom hier ‘n unieke debuut wat ‘n heerlike eksklusiewe klank meebring en beslis tot die Afrikaanse publiek gaan spreek. 

Dít het hy reeds bewys tydens sy onlangse optredes in London en Suid-Afrika as deel van LondonGoesSA en SAGoesLondon waar hy die verhoog met talle van ons land se grootste sterre gedeel het.

Sy eerste enkelsnit ook getiteld, Te goed om waar te wees, is gedurende Maart 2015 aan radiostasies landwyd uitgereik. 

Die liedjie het vinnig die trefferparades van stasies soos Jacaranda FM, Bok Radio, Bosveld Stereo, Radio Laeveld en Suid-Kaap FM begin klim. 

Die musiekvideo is ook gereeld op nasionale televise kanale soos kykNET, ASTV, SABC 2 en Tshwane TV te sien.

Sedert die uitreiking van sy album het PJ reeds gesig gewys op talle televisieprogramme soos Toks & Tjops, Jukebox, JAM, Lekker TV en ASTV In die Kollig.

Die tweede enkelsnit vanf die album getiteld, Oud raak saam met jou, word nou gedurende Junie 2015 aan radiostasies landwyd uitgereik.

PJ is die enigste seun van drie kinders en is op 5 Januarie 1977 in Bethal gebore. Hy het skoolgegaan by Laerskool Kallie de Haas en Hoërskole Wagpos Brits en Hoëveld Morgenzon. 

Hy het grootgeword in ‘n musikale familie wat hom deurentyd blootgestel het aan ‘n verskeidenheid musiekstyle.

Hierdie blootstelling het bygedrae tot die eie unieke styl wat hy vandag het.

Op skool het hy op provinsiale vlak in sport uitgeblink en sy liefde vir musiek moes eers opsy geskuif word. 

Maar op die ouderdom van 25, na ‘n jaar in London, besluit hy om homself te leer kitaar speel. ‘n Besluit waaroor hy nog nie vir ‘n oomblik spyt was nie.

Hy het sy eerste liedjie geskryf en weereens besef dat musiek sy groot passie is! So het sy solo loopbaan afgeskop en kort voor lank het hy talle getroue aanhangers gehad.

1 000 optredes later en met meer as ‘n 100 liedjies uit sy pen, is PJ ‘n gevestigde kunstenaar en liedjieskrywer wie se populariteit bly toeneem. 

Hy het ook in 2010 die top 10 behaal in Huisgenoot Tempo se liedjieskryf kompetisie. 

Hoogtepunte tot op datum sluit in optredes by Innibos Neslpruit. LondonGoesSA by die Apollo Teater Hammersmith London en SAGoesLondon by Carnival City.

PJ woon tans in Pretoria en droom daarvan om die Volkslied op Loftus te kan sing. ‘n Droom wat heel moontlik in die nabye toekoms vir hom bewaarheid sal word!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis