PJ Powers

PJ Powers

PJ Powers | Suid Afrikaanse Kunstenaars

PJ Powers “Thandeka” is ‘n bekroonde Suid Afrikaanse musikant met 12 goue plate, vier platinum en ‘n goue CD.

Haar loopbaan het in die 1980’s begin as die hoofsanger van Hotline, en haar solo-loopbaan het in die 1990’s en 2000’s gefloreer.

Hip Hop Pantsula ft P.J. Powers - Jabulani
PJ Powers - World in Union
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Thandeka -- 1985

There Is An Answer -- 1986

Living On Dreams -- 1988

The Secret’s Out -- 1989

Back Again -- 1990

Shadowland -- 1991

The Best Of PJ Powers and Hotline: 16 Greatest Hits -- 1991

Woman Of Africa -- 1995

Talk To Me -- 2001

Destiny

With Hotline

Burnout -- 1981

Help -- 1982

Music For Africa -- 1983

Jabulani -- 1984

Wozani -- 1985

Current -- 1986

Jive -- 1987

The Best Of PJ Powers and Hotline: 16 Greatest Hits -- 1991

Biografie

PJ Powers “Thandeka” is ‘n bekroonde Suid Afrikaanse musikant met 12 goue plate, vier platinum en ‘n goue CD.

Haar loopbaan het in die 1980’s begin as die hoofsanger van Hotline, en haar solo-loopbaan het in die 1990’s en 2000’s gefloreer.

Met treffers soos “There is Answer”. “Feel So Strong”, “Jabulani”, “You’re So Good To Me” en “World in Union” wat ‘n ikoniese rugbywêreldbekerliedjie geword het.

Haar mees onlangse treffers sluit in enkelsnitte soos Destiny, Stay en ‘n herwerking van There is An Answer , ‘n samewerking met Sfiso Ncwane.

Sy het ook saam met HHP (Hip Hop Pantsula) gespan om ‘n hiphop-weergawe van “Jabulani” in 2010 te sing.

In April 2017 het PJ “Home to Africa” vervaardig, opgeneem en vrygestel.

‘n Treffer wat die samewerking met die RnB-kunstenaars Radio & Weazel in Uganda en Suid-Afrika oortref het.

PJ Powers het die verhoog gedeel met baie plaaslike en internasionale sterre soos Eric Clapton. 

Ook Joan Armatrading, Annie Lennox, Peter Gabriel, Hugh Masekela. Asook Sibongile Khumalo, die Mahotella Queens, Youssou N Dour, Miriam Makeba, Harry Belafonte. En meer onlangs The Corrs & Mike and the Mechanics.

Sy het ook al opgetree vir koningin Elizabeth van Engeland, koning Juan Carlos van Spanje en koningin Beatrix van Nederland.

Sy het ook saam met Yvonne Chaka Chaka en M’du Masilela aan ’n internasionale musiekvideo van die Verenigde Nasies gewerk.

In 2003 word sy gevra om die amptelike 85ste verjaardaglied vir president Mandela te skryf. 

Sy het dit tydens die internasionale uitsending vir hom en bekendes soos Oprah Winfrey, Bill Clinton en vele ander wêreldleiers en presidente gesing.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars