Posduif

Posduif

 Posduif | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Posduif  is ’n Afrikaanse groep wat die musiekbedryf betree het met die enkelsnit en musiekvideo, Brandy Special, wat reeds deur meer as 300 000 mense gesien is.

Posduif - Een Vir My (Amptelike Musiek Video)
Posduif - Laat Val Die Water (Amptelike Musiek Video)
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Brandy Special -- 2018

Laat Val Die Water -- 2019

Een Vir My -- 2019

Biografie

Posduif  is ’n Afrikaanse groep. Hulle het die musiekbedryf betree met die enkelsnit en musiekvideo, Brandy Special, wat reeds deur meer as 300 000 mense gesien is.

Hulle tweede vrystelling, Een Vir My, vaar goed op die treffersparades van verskeie radiostasies en die musiekvideo is ook uitgereik.

In die era van e-posse, slimfone en ander tegnologie, kan ’n mens nie help om te wonder oor die groep se naam nie?

Jordaan verklap dat die naam ’n voorstel van ’n vriend af was. “Toe ons besig was om name uit te dink, het ’n vriend Posduif voorgestel en ons was mal daaroor! Dit is perfek, omdat ons wil hê dat ons musiek ’n boodskap moet oordra.”

“Ons is ’n sesstuk-groep met musiekinvloede, wat wissel van Gospel tot Pop en Jazz en dit alles word op ’n unieke manier gekombineer om die unieke klank van Posduif vas te vang.

Ons wil luisteraars op ’n musiekervaring neem, van die lirieke en melodie tot die verwerking van elke liedjie,” meen Boland.

“Wat dit interessant maak, is dat ons almal verskillende voorkeure en idees het as gevolg van ons verskillende kulturele agtergronde. Ons is waarlik ’n multikulturele groep in elke sin van die woord.”

Ten spyte van hierdie verskille, deel die lede van Posduif egter ’n passie vir musiek asook die behoefte om die positiewe kant van die lewe, veral in Suid-Afrika, uit te beeld.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars