Ray Dylan

Ray Dylan

Ray Dylan | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Ray Dylan is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.

Sedert sy debuutalbum New Kid In Town het dinge vir hom gebeur, onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.

Ray Dylan - Dis Verby
Ray Dylan - Forever Young
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Country Vibes -- 2019

Uitbasuin -- 2017

Reg Hier In die Middel -- 2015

Ray Dylan -- Sing Roy Orbison -- 2014

Goeie Ou Country In Duet -- 2013

Harte Van Goud -- 2013

Verskietende Sterre -- 2012

Goeie Ou Country Vol 3 -- 2012

Ek Wens Jy’s Myne -- 2010

Goeie Ou Country Vol 2 -- 2010 

As Die Wiel Ophou Draai -- 2009 

Goeie Ou Country -- 2009

Breek Die Ys -- 2008 

Hier Binne (Klop ‘n Boerehart) -- 2007 

Hokaai Stoppie Lorrie -- 2006

New Kid In Town -- 2002

Biografie

Ray Dylan is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.

Sedert sy debuutalbum New Kid In Town het dinge vir hom gebeur. Onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.

Die afgelope jare het sy talent en veelsydigheid op talle saamgestelde albums verskyn. Die musikalewiele het begin rol en nou’s dit tyd om te sê: Hokaai, Stoppie Lorrie!

Dit was die eerste treffer titel van Ray Dylan, daarna het hy Binneklop ‘n Boerehart, Breek die Ys en Verskietende Sterre vrygestel. Ook Harte van Goud, Koning van Harte, Reg hier in die Middel en Uitbasuin.

Ray Dylan het ook ‘n hele reeks country-albums agter die blad.

Goeie Ou Country, Goeie Ou Country Vol 2, Goeie Ou Country Vol 3, Ray Dylan sing Roy Orbison en Country in duet.

In 2019 het Ray Dylan weggebreek van Select Musiek.

Hy besluit om vanuit sy eie studio, RDM STUDIO, sy nuwe country album op te neem. Die album, Country Vibes, word deur Vonk Musiek versprei. Country Vibes is tans op die rakke.

Dié sanger is ‘n volronde kunstenaar, geseën met een van die beste stemme in Suid-Afrikaanse musiek.

Stylveelsydig en boonop ‘n energieke performer wat die elektriese kitaar tydens sy optredes laat kreun.

Op dié albums is daar verskeidenheid musiekstyle met ‘n aangename balans tussen stedelike ritmes en landelike verposings.

Met polsende ritmeplukkers en sielstrelende ballades bied sy albums wydtreffende musiek.

Sy gewildse treffers is Hokaai Stoppie Lorrie. Dis Verby, Boerehard, Jessica, Breek die Ys, You’re my Everything, Vir Ewig Jonk en Uitbasuin.

Hy stel sy veelsydigheid verder ten toon in die rock-keurspel. Met Hysteria, Never Say Never, Rock-‘n-roll Dreams Come True en It’s My Life. 

Ray skitter as balladevertolker: veral met liedjies soos I Wish, Breathe Easy, Drive, Love Hurts, Crazy Lief vir Jou en Hier teen jou lyf.

Geniet poprock met ‘n byderwets-verfynde country-inslag!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis