Refentse

Refentse

Refentse | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Refentse Morake is ‘n Afrikaanse sanger wat in Vereeniging grootgeword het. Sy debuutalbum My Hart Bly in ‘n Taal is in 2016 vrygestel. Sy tweede album Deur My Venster was in 2017 vrygestel.

Refentse - What a Boytjie
Refentse - Liefdegenerasie
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Liefdegenerasie -- 2018

Deur my venster -- 2017

My hart bly in ‘n taal -- 2016

Biografie

Refentse Morake is ‘n Afrikaanse sanger wat in Vereeniging grootgeword het. 

Hy was 17 toe hy op die sypaadjie van sy ouerhuis in Unitaspark, ‘n voorstad van Vereeniging, opgemerk is terwyl hy kitaar gespeel en gesing het. ‘n dame -- Cecilia Marchionna, of Tannie Kleintjie, soos sy meer bekend is, het hom gehoor. 

Sy het hom genader en gevra of sy ‘n video van hom mag opneem en die video op haar Facebook mag sit. Hy het ingestem en gedink die “tannie” het waarskynlik net ‘n paar Facebook-vriende, maar dit was ‘n groot onderskatting.

Die Facebookvideo het met 30 000 beskouings op die eerste dag die hoogte ingeskiet, tot 160 000 vier dae later, en aanhou groei. 

In April 2015 het hy in Baron van Reedestraat in Oudtshoorn in die straat opgetree. Sy gunsteling sanger, Karen Zoid, het verbygekom en vir hom R10 ter waardering vir sy poging gegee het. 

Daardie aand het organiseerders by die KKNK vir Morake agter die skerms van die fees se openingskonsert geneem. Daar het hy verskeie musieksterre, insluitend Karen Zoid ontmoet, en is ‘n musiekkontrak aangebied is.

Refentse stel sy debuutalbum My Hart Bly in ‘n Taal in 2016 vry, en sy tweede album Deur My Venster was in 2017 vrygestel.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars