Robbie Wessels

Robbie Wessels

Robbie Wessels | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Robbie Wessels is ‘n Suid Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur. Hy is ‘n kunstenaar eie in sy soort.

As akteur, sanger, liedjieskrywer en filmmaker  kan hy jou laat lê van die lag, maar jou ook dieper laat delf in die dinge van die lewe.

Robbie Wessels - Siya Kolisi
Robbie Wessels - Legendes
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

My Vissermanvriend se Pa -- 2005

Halley se Komeet -- 2007

Afrika Sonsak -- 2009

Kaalvoet -- 2011

Als Wat Ek Het -- 2014

Woestyn -- 2017

Siya Kolisi -- Single -- 2019

Biografie

Robbie Wessels is ‘n Suid Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur. Robbie is `n kunstenaar eie in sy soort.

As akteur, sanger, liedjieskrywer en filmmaker kan hy jou laat lê van die lag. Maar jou ook dieper laat delf in die dinge van die lewe. 

`n Grapjas is hy beslis, maar dis ook daardie ander sielvolle kant wat hom oor die jare ‘n groot gunsteling onder Afrikaanse aanhangers gemaak het.

Oorspronklik, humoristies, diep. Dit is die drie woorde waarmee Robbie Wessels se werk beskryf kan word.

Sy laaste album, Woestyn is in Junie 2017 uitgereik en is weer ‘n opsomming van Robbie se tong-in-die-kies humor. Maar bevat ook ‘n paar ballades wat jou voete onder jou sal uitslaan. 

Een van die enkelsnitte, Mphe Di Hoenor het reeds meer as 4,9 miljoen kyke op YouTube.

En ‘n paar maande later reik hy die Engelse liedjie, Bobjan uit wat ook al meer as 1,4 miljoen kyk op YouTube opgelewer het. 

In 2018 het hy en Bok van Blerk kragte saamgespan vir die hartroerende duet, Die Sluise Van Die Hemel wat by die gesogde 2019 Ghoema Musiektoekennings bekroon is.

Met die toekennings vir Mees Afgelaaide Liedjie van die Jaar asook die Mees Gestroomde Liedjie van die Jaar.

Robbie is as Vrystater gebore en het op ’n plaas buite Kroonstad groot geword. As Kapenaar gematrikuleer, en as Gautenger het hy sy diploma in Drama by Tshwane Universiteit van Tegnologie gewerf.  

In 2002 het hy bekend geword as die karakter Poena in die gewilde TV-reeks Gauteng-alêng-alêng.

En in 2005 verras hy die land met sy talent as sanger en liedjieskrywer met die album, My Vissermanvriend Se Pa.

Hierdie album het 120 000 kopieë verkoop. 

In 2005 word Robbie by die Huisgenoot Tempo-toekennings as  gunsteling nuweling aangewys. En in 2006 word sy tweede album, Halley Se Komeet, by die KKNK vrygestel.

Die reuse trefferliedjie Leeuloop word deur Vodacom gebruik vir hul advertensieveldtog. En die grapmaker het omtrent die land aan die gons gehad .

Daarna het hy verskeie treffer albums uitgereik onder andere Afrika Sonsak in 2009, Kaalvoet in 2011 asook Als Wat Ek Het in 2014. 

Bekende enkelsnitte op hierdie albums het ingesluit Hou Vas Jou Matras, Waar Lê Jy Vanaand?

Verbode Vrugte, Asseblief my Lief, Die Coach Se Speech, Asetileen En Suurstof, All Blacks teen die All Blacks en vele meer.

Al Robbie se liedjies is oorspronklik en word uit persoonlike ervaring neergepen.

Met sy lewenspad kruis Robbie baie interessante mense, wat toevoeg tot al die stories wat hy met soveel deernis vertel deur sy musiek. 

Robbie het ‘n unieke aanvoeling vir die wêreld en sy mense en dit word duidelik gesien en gehoor in sy liedjies. 

Te midde van sy sukses gee hy slegs krediet aan sy Skepper wat hom hierdie geskenk gegee het om mense te kan vermaak.

“Ek is ‘n rustige ou wat lief is vir my land en my familie” sê Robbie.

“Afrikaanse musiek is nog een van my liefdes en ek hoop dat ek ‘n bydrae kan lewer. Dit is ‘n plesier en ‘n eer om vir die land en sy mense op te tree.”

Gepraat van sy vele talente, Robbie en sy broer Hamilton het saam hul eerste draaiboek geskryf genaamd 100 Meter Leeuloop.  

Bekende gesigte in die komedie het ingesluit Hanna Grobler, Emo Adams, Annette Engelbrecht en natuurlik Robbie as Manie Mol.  Hierdie skreeusnaakse film het sy verskyning op die grootskerm gemaak in 2013.

Robbie se liefde vir teater word ook nie opsy gesit nie en in 2013 maak hy sy verskyning in die Jesus Musiekblyspel as Johannes die Doper by die Staatsteater onder leiding van Deon Opperman.  

Hy’s bekend as ‘n bok vir sports en het ook die rol van Kobus vertolk in die gewilde Afrikaanse kykNET sepie Binnelanders om sy talent as akteur verder uit te brei.

Robbie is een persoon wat glad nie kan stilsit nie en is altyd besig met ‘n nuwe projek of album. Ons sien uit na wat 2019 verder vir die veelsydige  kunstenaar inhou!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis