Rooies

Rooies

Rooies | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Rooies is ‘n Suid Afrikaanse sanger wat meestal komiese liedjies vervaardig.

Sedert sy debuutalbum in 1999, vermaak hy gehore met sy vrolike mensgerigte musiek en uitklopkonserte.

Rooies - Hou jou hanne van my lyf af
Rooies - Weskus Dromer
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Bulshoekdam – 1999

Kliphard – 2002

Bobbejaan – 2003

30 Weskustreffers – 2004

Rooies Live DVD – 2005

Bokkom Mambo – 2006

Gewildste Treffers DVD – met Zak van Niekerk en Basjan – 2007

Hou jou Hande van my lyf af – 2009

Sexy en ek weet dit – 2011

40 Weskustreffers – 2013

Rooies se storie-album – 2015

Koeboe Bul – 2016

Biografie

Rooies is ‘n Suid Afrikaanse sanger wat meestal komiese liedjies vervaardig. Sedert sy debuutalbum in 1999, vermaak hy gehore met sy vrolike mensgerigte musiek en uitklopkonserte.

Nou, op sy tiende album, Koeboe Bul, bring hy onder meer hulde aan twee van sy ontslape musiekmaters, Zak van Niekerk en Zirk Bergh.

Liedjies soos Wie’t al daai blomme geplant?, Daar’s ‘n vetplant in Boesmanland en My plaas se naam is Lekkerkry word opnuut goedvoeltreffers.

Die liedjieskrywer Ben Beukes het ‘n rits splinternuwe liedjies vir die album geskryf, onder meer Koedoebul. 

Uit Rooies se pen kom die roerende snit Van Riebeeck. ‘n Nugter blik op ‘n Suid-Afrika wat was en aan die verlede gelaat moet word – met ‘n hoopvolle toekomskreet. 

Dan word die erns weer luimig met Rooies en Kobie Koen se stuitige liedjie, Bokka, jy lyk goed vanaand. 

Saam met die ander nuwe snitte In die kol, Maandag en Dinsdag, Onthou, Dwaalskape.

En Pieter van der Westhuizen se tydlose komposisies Sout, Manne, Sout en Bokkie, Sê my reg, is hier ‘n album uit die vars grond van Namakwaland.

Tertius Human se produksie (ook orrel en klavier) en die musikante Denny Lalouette (baskitaar), Mauritz Lotz (akoestiese en elektriese kitare), Regardt de Bruin (elektriese kitaar, banjo en konsertina), Brendan Ross (saxofoon), Virgil Ellis (mondfluitjie) en Veronique Lalouette se soomsang verseker uitbundige luistergenot. 

Rooies, ‘n voormalige motorwerktuigkundige, is ‘n man van die aarde: lief vir die natuur, lekker kos en opregte mense. Sy positiwiteit word in sy musiek weerkaats.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis