Ruan Josh

Ruan Josh

 Ruan Josh | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Ruan Josh is ‘n Suid Afrikaanse sanger, akteur en besigheidsman. Hy is die seun van die bekende sangeres Juanita du Plessis en die broer van sangeres Franja du Plessis

Maan en Sterre - Ruan Josh (Official Music Video)
Ruan Josh - Toevallig
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Eggo -- 2017

Eggo (Deluxe) -- 2018

Biografie

Ruan Josh is ‘n Suid Afrikaanse sanger, akteur en besigheidsman. Hy is die seun van die bekende sangeres Juanita du Plessis en die broer van sangeres Franja du Plessis

Hy neem van skool af deel aan kompetisies en produksies en word in 2007 aangewys as die Beste Byspeler in die ATKV se Nasionale Tienertoneel kompetisie by Aardklop. Toe hy deel gevorm het van Hoërskool Die Wilgers se stuk “Reis, Vleis en Gebakte Klippe”.

Ruan het al regoor die land opgetree in konserte soos Afrikaans is Groot (2013) en Gospel Skoupsel in Kaapstad (2013). 

Hy was ook te sien in die verhoogproduksie “Droomkind – Die storie van Josef”.

Ruan het ook help skryf aan die Juanita du Plessis liedjie, Kaalvoetkind.

Hy was deel van die Afrikaans is Groot (2014 & 2015) produksie in Pretoria sowel as Kaapstad (2014 & 2016) as ‘n agtergrondstem. Asook Innibos Hoofverhoog (2015 & 2016). 

Ruan Josh se debuut album “Eggo” was in 2017 vrygestel. Na meer as 2 jaar in wording, was die aanvraag na sy debuut album groot.

Die album sluit meer as 14 nuutgeskrewe liedjies in uit die pen van onder meer Johan Oberholtzer, Franja du Plessis, Rudi Claase en Juanita du Plessis.

Ruan is gebore as Ruan Joshua du Plessis en het besluit om onder die Ruan Josh naam te sing vanweë sy korporatiewe verantwoordelikhede as besigheidsman. 

“Dis vir my 2 verskillende wêrelde en ek wil hulle graag apart hou. Ek geniet albei ewe veel en voel ek wil nog baie gee in beide wêrelde”.

Ruan het ‘n B-Com Graad in Besigheids Bestuur en bekleë ook die algemene Bestuurspos in 2 firmas naamlik WOW Music Distribution en Juanita Records.

“Musiek is soos asemhaal vir my, dis deel van my wese en ek glo musiek spreek oor alle grense heen.

Dis hoekom ek net wil reis en by almal uitkom en my musiek deel. Ek kan nie wag nie.”

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars