Rudi Claase

Rudi Claase

Rudi Claase | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Rudi Claase is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het reeds oor die 500 oorspronklike liedjies gekomponeer wat van ons grootste kunstenaars insluit.

Sangers soos Juanita du plessis, Theuns Jordaan, Sonja Herholdt, Andriette Norman, Patricia Lewis en vele meer.

Rudi Claase - Seile
Charne Hugo, Rudi Claase - Ons Lieflinge Treffer Medley (Live)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

2007 -- Jambo

2009 -- Ons Lieflinge / Our Darlings met Corlea Botha

2010 -- Ons Lieflinge / Our Darlings Vol.2 -- Drome met Corlea Botha

2011 -- Ons Lieflinge / Our Darlings -- Die Engele Sing met Zita Pretorius

2012 -- Mans vir Jesus

2012 -- Kom ek skryf jou ‘n liedjie

2014 -- Ons Lieflinge -- Asemrowend met Charne Hugo

2017 -- Ons Lieflinge -- Miljoene stemme met Charne Hugo

2019 -- Seile -- Single

Biografie

Rudi Claase is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het reeds oor die 500 oorspronklike liedjies gekomponeer wat van ons grootste kunstenaars insluit. Sangers soos Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Sonja Herholdt, Andriette Norman, Patricia Lewis en vele meer.

Met dié vernuf en Godgegewe talent is hierdie borrelende talent gepoets met sy eiesoortige musikale produksiestyl.

Wat verwerkings, orkestrasie, regie, tegniese versorsing en kreatiewe verpakking insluit van elke produk wat deur Jewel Music uitgegee word.

Rudi Claase se musikale vaardigheid het al bygedra tot die verkope van oor die vier miljoen CD’s deur van die land se gewildste kunstenaars en hy vergestalt verseker byderwetse ontwerperstyl.

Sy Lieflinge projek en breinkind se vorige album – verkope oorskry reeds 250 000 eenhede. Rudi se vernuf het hom goue, platinum – en dubbelplatinumstatus , drie Tempo- en twee Vonktoekennings besorg.

Onder Tempo en Vonk toekennings het hy onder sy handelsmerk toekennings ontvang. Vir Beste nuweling, Beste groep, Lied van die jaar en Album van die jaar.

Rudi se vele talente laat mens letterlik na jou asem snak. En ek is seker menigte kunstenaars kan nie glo dat een mens so gesëend kan wees om sulke liedjies te skryf, te kompineer en boonop te kan sing nie.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis