Sarah Theron

Sarah Theron

Sarah Theron | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Sarah Theron is ‘n Suid Afrikaanse sangeres en aktrise.

Die meeste mense het haar leer ken as Baby Botha op Egoli, die legendariese TV-reeks wat byna ‘n dekade lank op Mnet aangebied is.

Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Storm in ‘n D-Cup – 2011

Liewe Madiba – 2010

Terug na Jou – 2009

Sit Die Ketel Aan – 2007

Egoli, Vol. 1 – 2002

Biografie

Sarah Theron is ‘n Suid Afrikaanse sangeres en aktrise. Die meeste mense het haar leer ken as Baby Botha op Egoli, die legendariese TV-reeks wat byna ‘n dekade lank op Mnet aangebied is.

Sy het in 1979, op veertienjarige ouderdom begin sing vir geld teen R80 – destyds ‘n klein fortuin. 

Deeglik onderrig in drama het sy een van die land se veelsydigste kunstenaars geword.

Sy het vier jaar dramaopleiding aan die Universiteit van Stellenbosch sowel as die Techikon van Pretoria voltooi.

Haar debuutalbum, Sit Die Ketel Aan, is in 2007 vrygestel. Daarna het Terug na Jou gevolg in 2009 asook Liewe Madiba in 2010.

Op die album Terug na Jou, het sy self die meeste van die liedjies geskryf.

Sarah Theron se album  STORM in ‘n D-Cup is in 2011 uitgereik. Hierdie album het ook baie goed gedoen en Sarah het vele trefferparades hiermee besig gehou. Murray Lubbe, was die vervaardiger van hierdie album.

Die titel STORM in ‘n D-Cup (ook die titelsnit van die album), verwys na die innerlike en soms meer tasbare krag wat daar in ons elkeen lê. Die gevoel is een van self-bemagtiging en aansporing, noem dit kwaad stook as jy wil!

Sy is reeds meer as twee dekades besig in die vermaaklikheidsbedryf as vryskut- musikant, akteur en sangeres.

Sarah is ons eie diva wat hou van kook, musiek, die oseaan en Blues.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis