Serenade

Serenade

 Serenade | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Serenade – Dié groep bring ‘n unieke harmonie tussen klassieke-, pop- en ook ‘n verskeidenheid ander genres na die Suid-Afrikaanse musiektoneel.

Serenade - Bly Lief Vir My
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Bly Lief Vir My – 2018

Biografie

Dié groep bring ‘n unieke harmonie tussen klassieke-, pop- en ook ‘n verskeidenheid ander genres na die Suid-Afrikaanse musiektoneel.

‘n Unieke, meevoerende klank wat skynbaar uiteenlopende musiekwêrelde verenig. In ‘n aanbieding waarvan gehore eenvoudig nie genoeg sal kan kry nie.

Die groep – Mynhardt Kruger van Kaapstad. Juandre van den Berg van Boksburg. Dawie de Wet van Vanderbijlpark en Fredric Dacomb van Pretoria – is saamgestel ná ‘n landswye Select Musiek talent-soektog wat honderde inskrywings gelok het.

Elkeen se stem is noukeurig uitgesoek, tydens ‘n streng en deeglike oudisieproses. Vir daai eiesoortige “iets” wat ‘n nuwe mannegroep sou help vestig as iets merkwaardigs, in ‘n klas van sy eie.

Serenade bring die harmonie terug!

Hoewel van hierdie 4 manne se lewensdraaie sover as Medies, Onderwys, Inligtingstegnologie en Internasionale Betrekkinge gaan loop het, was musiek altyd elkeen van hulle se ware liefde.

Dit word weerspieël in ‘n goue draad van “elke geleentheid aangryp om musiek te maak” wat in elkeen van hulle se reis tot hier verweef is.

Van musiek maak by famlie-kuiers waar Oupa en Oom kitaar speel. Tot koorsang, tot backtracks by ‘n plaaslike platejoggie laat maak.

Tot volgehoue deelname aan elke moontlike sangkompetisie en kunstefees en die stigting van eie duetgroepe.

Dit laat een ding soos ‘n paal bo water uitstaan: hierdie 4 lééf vir musiek!

Weg van die verhoog en musiek, maak hulle tyd vir enige iets van kuier saam met vriende en nuwe mense. Tuisbly met Netflix en pizza, aksiekrieket, stap, gym en tyd saam met die honde, tot oplees oor nuusgebeure en verdere studies.

Die manne van Serenade is ‘n sosiale, dinamiese, avontuurlustige en soms effens mallerige groep ouens. Wat ook ‘n gesonde balans tussen die najaag van doelwitte – en tyd maak vir mense en dinge wat vir hulle kosbaar is – nastreef.

‘n Groep met een groot, gesamentlike koers voor oë: boontoe!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars