Snotkop

Snotkop

Snotkop | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Snotkop is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke.

SA se gewilde, SAMA WENNER, Snotkop is een van die land se populêrste kunstenaars wat der duisende mense se harte gesteel het met sy talent, musiek, passie en aansteeklike energie!

Snotkop - Pens En Pootjies
Snotkop - Dik In Desember
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Snotkop

Sous ‎- 2018

HKGK ‎- 2016

Soos ‘n Boss ‎- 2014

Oppas ‎- 2012

Ek Laaik Van Jol ‎- 2011

Francois Henning Was Hier – 2009 

So Damn Sexy – 2008

Spring Lewendig DVD – 2007

Snotkop – 2005

Lekgoa

2002 – Ngamla Yoba

1999 – Basetsana

Biografie

Snotkop is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke.

SA se gewilde, SAMA WENNER, Snotkop is een van die land se populêrste kunstenaars. Wat der duisende mense se harte gesteel het met sy talent, musiek, passie en aansteeklike energie!

Met vol gepakte sale en met meer as ‘n total van 150 000 albums al verkoop het Snotkop sy merk duidelik in die musiek bedryf gekerf.

Uit die vyf Snotkop vrystellings was vier albums vir SAMA toekennings benoem vir beste Afrikaanse Pop album.

Snotkop spog ook met nie minder as 9 toekennings nie.

Onder andere MK, Tempo en Vonk toekennings en in 2012 het ‘Ek laaik van jol’ weggestap met die SAMA vir beste Sokkie dans album.

Al sy albums is tot dusvêr ‘n unieke lewensreis tot waar Francois homself vandag bevind.

Groot geword in Johannesburg, Randburg en van kleins af het hy al gedroom van ‘n lewe op die verhoog met ‘n mikrofoon in die hand.

Francois het drama studeer aan die Tswane Universiteit na ‘n moeilike paar jaar op skool as die swart skaap. Met die droom om eendag ‘n groot ster te word.

Met harde werk en geloof het hy dit reggekry om vandag een van SA se top name in die musiekbedryf te wees.

Al van ‘n baie jong ouderdom het hy begin werk aan sy loopbaan. Hy het opnames gemaak van sy musiek wat hy gestuur het aan groot plaate maatskappye.

Sy eerste groot breek het egter gekom in 2002 toe hy sy eerste platekontrak los geslaan het as SA se eerste wit kwaito ster onder die naam ‘Lekgoa’.

Dit was onmiddelik ‘n weghol sukses. Die volgende vyf jaar het hy spandeer tussen duisende gillende aanhangers vanaf Soweto tot in Botswana.

Lekgoa het ook ‘n baie suksesvolle toer voltooi in Frankryk en London met van die land se grootste name opgetree. Soos Soul Brothers en Mahotella Queens. Hy het in die Suide van Frankryk op dieselfde verhoog as Johnny Clegg opgetree.

CNN het onmiddelik belang gestel in die unieke kunstenaar met die onkeerbaare energie op die verhoog. En het ‘n dokumentêr geskiet oor sy interresante lewe en loopbaan wat reg oor die wêreld uitgesaai was.

Francois, was ook te siene as akteur op programme soos Sewende laan en Generations. Ook as aanbieder van MK se Petrolkop. Hy het ook die onvergeetlike rol vertolk van ‘Riekie’ op die baie populêre RSG en Kyknet radio drama ‘Stralejakkers’.

In 2006 het Francois besluit dat dit tyd is om in Afrikaans, sy moedertaal musiek te maak. Onder die verhoog naam ’Snotkop’, en dit ook, was oornag ‘n massiewe sukses.

As tiener was Francois baie doelgerig en dit het hom soms as hardkoppig en as ‘n rebel laat voorkom. Sy Pa, Jan, het hom ‘Snotkop’ gedoop, ‘n troetelnaam van jongs af wat Francois baie na aan die hart lê.

“Die liedjies op my albums verteenwoordig presies wie ek is. Ek sing en rap oor verhoudings, geluk, teleurstellings, liefde. Asook my reis deur die lewe, paarties, my drome, menslike dinge wat ek as Afrikaner ondervind het en wat my gemaak het wie ek is vandag”.

Die lirieke is eerlik en oud en jonk sal onmiddelik verstaan waaroor Snotkop praat!

“Ons almal is menslik, ervaar geluk en hartseer, ek is mal daaroor om te skryf oor gewone dinge wat die gewone ou ondervind. Ons almal jaag nonsens aan, paartie en werk hard.

Ek lag oor sommige situasies waarin ons onself soms bevind. Ek is wie ek is, leer deur my foute, en hê fun in die proses, ons vergeet soms om net eenvoudig te vier wie ons is”.

Francois maak sy merk deur om sy naam duidelik teen die muur te skryf en mense te inspireer om dieselfde te doen.

“Wees trots op wie jy is, jy is instaat tot GROOT DINGE. Daar is geen ander persoon in die wêreld met jou unieke talent en energie nie.

Gebruik dit, maak jou merk, vergeet van wat ander mense van jou dink of sê, staan op vir jouself en gaan haal wat joune is…”

Reg oor die land is dit al bekend dat Snotkop beheer neem van ‘n verhoog.

Hy word beskou as een van Suid Afrika se beste live kunstenaars!

Francois Henning aka Snotkop is ‘n rare talent wat terug staan vir niks.

En met sy unieke persoonlikheid, aansteeklike musiek en groot hart is dit geen wonder dat elke sokkie, braai, fees en byeenkoms dreun met sy Musiek, passie en positiewe energie nie!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis