Stella

Stella

 Stella | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Stella is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Sy is deel van die Ghoema-bekroonde (Beste Gospelalbum) die gospelgroep, Duislig.

Stella - Die Berge Blou
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Ek Kies Jou -- 2019

Nuwe Môre -- 2017

Biografie

Stella is ‘n Suid Afrikaanse sangeres.

Sy is deel van die Ghoema-bekroonde (Beste Gospelalbum) die gospelgroep, Duislig.

Sy het 2017 haar eerste sekulere solo-album, Nuwe Môre, uitgereik.

Die CD bestaan uit twaalf hoendervleismooi oorpronklike kontemporêre snitte.

Wat haar gevoelvolle stem komplementeer en haar vaardigheid as liedjieskrywer ten toon stel.

Sover het die album reeds drie treffers opgelewer, waaronder Deur Die Liefde En Die Seer wat nommer een was op Maroela Media kort nadat dit vrygestel is.

Die titelsnit, asook Hoop In Liefde word steeds gereeld oor die radio gehoor en is baie goed ontvang.

Net soos haar uitsonderlike, veelsydige stem, is die dame ook ’n vrou van vele talente en met baie hooi op haar vurk.

Wanneer sy nie haar lyf musikant hou nie, is sy ook boervrou op hulle plaas in Carolina en ma van ’n dogtertjie.

Sy is ook mede-bestuurder van hulle gastehuis en trou-venue.

SAMA nominasie in 2009
SAMA nominasie in 2011
TEMPO nominasie in 2011&2013
GHOEMA wenner vir beste geestelike album in 2015 ( Duis:Lig 2)
GHOEMA wenner vir bese geestelike album in 2017 ( Duis:Lig Dans)

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars