Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Steve Hofmeyr is ‘n Suid Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur. Hy is ‘n huishoudelike naam in die Suid Afrikaanse vermaakbedryf. 

Steve Hofmeyr - Feeslied (Official Video)
Steve Hofmeyr - Redgebed
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

1989 -- Desertbound -- Platinumstatus

1990 -- Only Me -- Gouestatus

1991 -- Steve -- Gouestatus

1992 -- No Hero -- Klankbaan van die film No Hero -- Gouestatus

1993 -- Tribute -- Platinumstatus

1994 -- Die Treffers / The Hits -- Platinumstatus

1994 -- Tribute Vol.2

1996 -- Decade of Steve Hofmeyr -- Gouestatus. Ook op video uitgereik.

1997 -- True to You -- Gouestatus

1997 -- Die Bloubul Song -- Enkelsnit -- Multiplatinumstatus

1998 -- Close to You -- Enkelsnit

1999 -- Southern Cross -- Gouestatus

2000 -- Beautiful Noise -- Multiplatinumstatus

2000 -- Grootste Treffers Vol.2 -- Platinumstatus

2002 -- Engele Om Ons -- Gouestatus

2003 -- Toeka -- Multiplatinumstatus

2004 -- Toeka 2 -- Multiplatinumstatus

2005 -- Grootste Platinum Treffers -- Dubbel-CD -- Multiplatinumstatus

2006 -- Laaities en Ladies -- Gouestatus

2007 -- Waarmaker

2009 -- Solitary Man -- The Songs of Neil Diamond

2010 -- Duisend en Een

2011 -- Haloda

2012 -- 25 Jaar Se Beste

2015 -- The Country Collection: If You Could Read My Mind

2017 -- Skree

2018 -- The Country Collection

2019 -- The Country Collection Vol. 3

Biografie

Steve Hofmeyr is ‘n huishoudelike naam in die Suid Afrikaanse vermaakbedryf. 

Reeds as jong seun sing hy in die kerkkoor en op elfjarige ouderdom begin hy reeds om liedjies te skryf.

As sanger verower baie van sy CD’s goue- en platinumstatus.

Sy duet saam met die Belgiese superster Dana Winner, Vroeger bracht je bloemen. (Vlaamse vertaling van Neil Diamond se komposisie You don’t bring me flowers), verower in 1997 die nommer twee posisie op België se treffersparade.

In 2001 toer hy deur Suid-Afrika met Beautiful Noise wat die lewe en musiek van Neil Diamond uitgebeeld het. 

Hy het in dié jaar ook sy DVD met dieselfde titel uitgereik. Die toer was ‘n groot sukses met 224 konserte waarvan al die kaartjies uitverkoop was.

In 2004 word sy CD Toeka 2 met ’n SAMA-toekenning bekroon as die beste verkoper van alle CD’s in Suid-Afrika.

2015 verwerf sy country-musiek-CD, If you could read my mind, binne ’n week goue status.

Altesaam verkoop hy meer as ’n miljoen CD’s, ’n rekord vir ’n plaaslike kunstenaar. 

Hy het al opgetree in Nederland, België, Nieu-Seeland, Australië, Kanada. Ook in die Verenigde Arabiese Emirate, Kenia, Namibië, Mauritius, die Seychelles en Comoro-eilande, Egipte, Zimbabwe, die Verenigde State van Amerika en Brittanje. 

En het liedjies opgeneem in Los Angeles in Amerika. Hy is een van slegs twee Suid-Afrikaanse solo-kunstenaars wat daarin slaag om die Sun City Super Bowl uit te verkoop vir ’n optrede.

Van die liedjies wat hy self geskryf het, is 150 reeds deur Suid-Afrikaanse en internasionale kunstenaars opgeneem.

Op televisie is sy eerste rol in Guillam Woudberg. Waarna sy rol as die skurk Bruce Beyers in die televisiereeks Agter Elke Man in 1986 hom regdeur Suid-Afrika bekend maak. 

Dit word opgevolg deur verskeie ander televisierolle in sepies soos Egoli en Sewende Laan. En as gasheer in sy eie reeks Dis hoe dit is met Steve, terwyl hy ook in ’n dramareeks soos Getroud met rugby ’n rol vertolk.

Hy wen in 2003 ’n ATKV-toekenning vir die beste televisie-onderhoud in sy program Dis hoe dit is met Steve.

En in 2010 ontvang hy ’n toekenning van die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiebedryf (Safta) vir die beste kletsprogram met hierdie televisieprogram.

Hy tree ook op in rolprente soos Kampus, Agter elke man, No hero, A case of murder, Platteland en Treurgrond. 

Op die verhoog speel hy in produksies soos Summer holiday, Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat en Sound of Music.

Terwyl hy ook die hoofrol vertolk in Dis hoe dit was Die drama wat die Hertzogpryswenner Deon Opperman oor sy lewe geskryf het.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis