Thys die Bosveldklong

Thys die Bosveldklong

Thys die Bosveldklong | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Thys die Bosveldklong is ‘n Suid Afrikaanse komiese sanger. Hy het die eerste SAMA- toekenning vir komedie gewen in 2009. Met sy “Op Veiling”cd en is al vir elke denkbare musiek toekenning benoem.

Thys die Bosveld - Ou Bobbejaan
THYS DIE BOSVELDKLONG - SY DRA DIE BROEK VIDEO
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

1997 – Man se Ding

1999 – Ma se Pa se

1999 – Gee dit Horings

2001 – Ek hou nie van werk nie

2002 – Jaloersbokkie

2003 – In die Middel

2004 – Korrektiewe Afrikaans (Dubbel CD)

2004 – Boeretroos

2005 – Thys Bosveldklong; Grootste treffers “Live” (DVD)

2006 – Vet Pret

2007 – Vet Pret “live show” (DVD)

2007 – Op Veiling (dubbel cd met country treffers)

2009 – Kom Lag n Slag “Live Show” (DVD)

2009 – “Net virrie Grap” DVD (bestes uit reeks 1&2)

2010 – 20 Treffers / 10 Jaar

2012 – Ek sal boertjie bly

2017 – Looks Is Nie Alles Nie

Biografie

Thys die Bosveldklong is ‘n Suid Afrikaanse komiese sanger. Hy het die eerste SAMA- toekenning vir komedie gewen in 2009. Met sy “Op Veiling”cd en is al vir elke denkbare musiek toekenning benoem.

Thys het ook n rits baie interessante produkte wat by sy vertonings beskikbaar is. CD’s, DVD’s, boeke , hoedjies , plakkers , fotos , wyne , braai reeks, stresflesse en selfs n “Bossie se Flossie” G-string!

Thys het al in programme soos Bangjan Dooiejan, Dis hoe dit is , Stoute boude, Kwêla , DKNT , Pasella , Belboks , Fiesta en Maak n Las sy buiging gemaak.

Hy het ook in 2001 by die Maak n Las span aangesluit en was vir vier reekse mede-aanbieder van hierdie gewilde SABC2 reeks.

Thys is ook te sien op Kyknet as aanbieder, vervaardiger en konsephouer van die humoristiese reis-program “Net virrie Grap”.

Hy het ook die land vol getoer saam met die skaterlag “Rolmodelle” produksie. Wat saam met kollegas: Zak van Niekerk, Gerhard Odendaal en Jaco Labuschagne gedoen was.

Hy het sy film debuut gemaak in 2002 saam met Steve Hofmeyr in “a Case of Murder “ waar hy die rol van die trein kondukteer vertolk het.

Die film was al n paar keer op M-net uitgesaai en is ook op dvd beskikbaar.

Thys se konserte en musiek is heerlik humoristies en word geluister en geniet deur oud & jonk .

Thys is ook bekend as n hardwerkende man wat nie sommer na 12h00 in die middag nog in die bed sal deurbring nie.

Hy’s gewoonlik op sodra die son deur sy kamervenster skyn (kamer aan weste kant van sy huis).

Thys is ook n gekwalifiseerde afslaer, (SA College of Auctioneering 2007, Goue Diploma vir 85% slaagsyfer) en kan genader word om jou volgende veiling te behartig.

Hy doen gereeld liefdadigheids funksies en samel groot bedrae in met sy veilings.

Thys is die afgelope jare amptelike ambassadeur en beskermheer vir die Downsindroom Vereniging van Pretoria.

Thys die Bosveldklong is trots Afrikaans en gebruik Engels net uit self verdediging.

Sy stokperdjies sluit als in van teken , scuba-duik , valskermspring , motorfiets ry , vlieg-hengel , lees , braai , kuier , vakansie hou tot rekspronge ! (met daai lyfie – kan jy glo ? ).

Thys sê “lag hou jou gesond!” en mens moenie die lewe te ernstig opneem nie want jy kom nie lewendig daar uit nie.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis