Touch of Class

Touch of Class

 Touch of Class | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Touch of Class is ‘n Suid Afrikaanse musiekgroep. Hulle maak al langer as 3 jaar musiek en is in ’n klas van hul eie! Die oorspronklike lede was Deon van der Merwe en Ronell Erasmus. Tussen 2012 -- 2019 was Ruhan du Toit die hoofsanger van die groep en in 2019 het Dusty Dixon by hom oorgeneem.

Touch Of Class - Stille Soldate
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Stille Soldate -- 2019

More Magic -- 2019

Magic -- 2017

100 Duisend Perde -- 2016

Dans In Die Reen -- 2016

A Touch Of Classic -- 2013

Biografie

Touch of Class is ‘n Suid Afrikaanse musiekgroep. Hulle maak al langer as 3 jaar musiek en is in ’n klas van hul eie! Die oorspronklike lede was Deon van der Merwe en Ronell Erasmus.

 Na 23 jaar het Ronell in 2011 besluit om die groep te verlaat om op haar gospelmusiek te fokus. Ruhan du Toit het toe dieselfde jaar by die groep aangesluit.

Touch of Class het sedert hul ontstaan reeds 19 albums uitgereik.

Hulle album “Ek en my meisie” wat gedurende 1992 vrygestel is, het goue status bereik met 25 000 verkope en voortgegaan om twee jaar later platinum status te bereik. 

Verskeie goue albums het gevolg, byvoorbeeld “Bamboesbos”, “Stamp daai bene” en “Moenie worrie nie”. 

Deon van der Merwe se kitaaralbums “Kitaarboogie”, “Treffers van die Shadows”, “Crying guitar” en “’n Huldeblyk aan Ricardo Bornman” het ook gouestatus bereik.

Vir laasgenoemde huldeblyk-album het hy ook ’n SAMA-toekenning ingepalm.

In 2019 het Ruhan du Toit besluit om op sy solo loopbaan te fokus en die groep verlaat.

Dusty Dixon is die nuwe lid wat ook in 2019 by Touch of Class aangesluit het.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars