Valiant Swart

Valiant Swart

Valiant Swart | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Valiant Swart is ‘n Suid Afrikaanse musikant en liedjieskrywer. Hy word bestempel as een van die voorste Afrikaanse liedjieskrywers van die afgelope dertig jaar.

Hy word wyd gerespekteer as liriekskrywer, en het reeds meer as ‘n honderd oorspronklike komposisies op CD vrygestel.

Valiant Swart - Sonvanger
Valiant Swart - Die Mystic Boer
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

1995 -- Die mystic boer

1996 -- Dorpstraat revisited

1997 -- Kopskoot

1998 -- Roekeloos

1999 -- Deur die donker vallei

2001 -- Boland punk

2002 -- Maanhare

2003 -- Song vir Katryn

2003 -- ‘n Jaar in die son (met Koos Kombuis)

2004 -- @ Jinx (met Mel Botes)

2005 -- Mystic myle

2006 -- Horisontaal

2007 -- Vuur en vlam (met Ollie Viljoen)

2008 -- Vrydagaand / Saterdagaand

2010 -- Wild en wakker (met Ollie Viljoen)

2015 -- Nagrit

Biografie

Valiant Swart is ‘n Suid Afrikaanse musikant en liedjieskrywer. Hy word bestempel as een van die voorste Afrikaanse liedjieskrywers van die afgelope dertig jaar. Hy word wyd gerespekteer as liriekskrywer, en het reeds meer as ‘n honderd oorspronklike komposisies op CD vrygestel.

Van Oppikoppi tot Skouspel, by rock- en kunstefeeste en in musiekklubs en teaters landwyd, het hy oor die jare ‘n reputasie as eersteklas vermaakkunstenaar opgebou. 

Met meer as drieduisend optredes op sy kerfstok, hetsy solo met kitaar en mondfluitjie in ‘n intieme teateratmosfeer. Of op ‘n groot verhoog met sy manjifieke band, is ‘n Valiant-vertoning ‘n belewenis vir enige gehoor. Afgesien van Suider-Afrika, het hy al opgetree in die VSA, Engeland en Nederland.

Valiant het geleer kitaar speel toe hy elf jaar oud was. Hy het kort daarna liedjies begin skryf en in sy hoërskooljare in ‘n hele paar bands gespeel, van rock tot boeremusiek. 

Tydens sy studentejare op Stellenbosch het hy die musiek van Bob Dylan en Jimi Hendrix ontdek, en ook ‘n groot blues-aanhanger geword. 

Hy het in 1987 ‘n BA-graad verwerf, met as hoofvakke Afrikaans-Nederlands en Engels.

In 1988-89, tydens militêre diensplig, het hy Koos Kombuis (André Letoit) ontmoet. Hy het saam met Letoit in die rokerige kroeë van Hillbrow begin optree en hom in alle erns as Afrikaanse liedjieskrywer begin bekwaam.

In 1990 het hy voltyds begin om ‘n bestaan te voer met sy liedjies en sy kitaar.

Valiant het reeds veertien CD’s die lig laat sien. Sy eerste, Die Mystic Boer, is in 1996 vrygestel. Hy was ook die produksieleier op verskeie albums van ander kunstenaars, en het gasoptredes op talle van hul albums gelewer. 

Van Suid-Afrika se grootste sterre, soos Laurika Rauch, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Piet Botha en Nic Stevens, het al van sy liedjies opgeneem.

Waaronder die treffers ‘Sonvanger’, ‘Eyeshadow’, ‘Jakarandastrate’ en ‘Duisend Myl Blues’. Vele kunstenaars gebruik Valiant se liedjies as deel van hul verhoog-repertoire.

In 2001 het kykNet hom op ‘n blues-reis na Amerika gestuur.

Die resultaat was die dokumentêre TV-reeks, Veertig dae deur die Delta. Waarmee kykers getrakteer is op Valiant se blues-avonture in Tennessee, Mississippi en Louisiana.

Die sukses van hierdie reeks het gelei tot sy akteursdebuut, in die hoofrol as dr Jinx in kykNet se Song vir Katryn trefferreekse.

Met rekord-kyksyfers en ‘n klankbaan-album wat goue status verwerf het, het “Katryn” van Valiant ‘n huishoudelike naam gemaak.

Die afgelope paar jaar het hy voorts gewildheid verwerf as rubriekskrywer vir tydskrifte. Rooirose en Baba en Kleuter. Waarin die lief en leed van sy status as ruk-en-rol gesinsman op dikwels komiese wyse weergegee word. Ander artikels uit sy pen het al verskyn in Insig, Wegbreek en Sports Illustrated.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis