Vernon Barnard

Vernon Barnard

 Vernon Barnard | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Vernon Barnard is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Hy is gebore met gloukoom, ‘n oogtoestand wat hom na 16 oogoperasies om sy sig te probeer red, laat blind bly het.

Vernon Barnard - Daai Liedjie
Vernon Barnard - Voel
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Deur Jou Oë -- 2018

Biografie

Vernon Barnard is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Hy is gebore met gloukoom, ‘n oogtoestand wat hom na 16 oogoperasies om sy sig te probeer red, laat blind bly het.

Vernon het in 2012 matriek aan die Pioneers-skool in Worcester voltooi as die verkose hoof prefek.

Om te sing en ander te motiveer, is sy passie, gevolg deur sy liefde vir sport, veral krieket.

In 2012 is hy gekies vir die SA blinde krieketspan wat aan die wêreldkampioenskap in Bangalore, Indië, deelgeneem het. ‘n Reuse eer omdat hy die jongste en enigste skoolseun in die span was.

Hy het in 2014 weer vir die span gespeel toe die Wêreldkampioenskap deur Kaapstad in Suid-Afrika aangebied is.

Vernon het in 2012 vir die eerste keer voor ‘n skare gesing tydens ‘n skoletalentkompetisie.

Die reaksie was oorweldigend en die besef dat sy liefde vir sang vreugde vir ander gebring het, het hom aangewakker.

Versoeke vir CD’s het binnegekom en in 2014 het hy sy eerste CD “Overcome” vrygestel wat 15 liedjies bevat.

Vernon is uitgenooi om op te tree tydens die 2014- en 2015-Bravo-feeste in Mosselbay wat deur + -- 2000 mense bygewoon is.

Hy word opgemerk en genooi om shows te open vir bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars. Soos Elvis Blue, Mathys Roets, Dewald Wasserfall, Kurt Darren, Lianie May, Ampie du Preez & Charlize Berg.

Sy groot deurbraak het gekom in die vorm van MNet se The Voice SA-kompetisie.

By sy eerste oudisie het hy One Direction se Story of my life gesing en die beoordelaars tot trane gebring.

Die youtube-video van die oudisie het viral gegaan en na 8 maande meer as 10 000 000 keer gekyk.

Nadat hy die finale ronde van The Voice SA bereik het, is Vernon by Universal Music onderteken en sy debuut-enkelsnit genaamd “I Like It That Way” is opgeneem.

Dit is op 2 September 2016 vrygestel en is gereeld op plaaslike radiostasies gespeel en bereik die Top 10 op verskillende stasies.

Dit was ‘n groot mylpaal om die nommer een plek op die Jacaranda Saturday Top 20 te behaal.

Om die SA volkslied te sing tydens die openingseremonie van die SA teen Ierland-rugbytoets op Ellispark in Junie 2016, was soos Vernon se: “een van die grootste oomblikke van my lewe”.

Vernon se ongelooflike talent, gekombineer met emosionele en motiverende verhaalvertelling deur middel van sang, is sy unieke manier om die prente wat hy deur sy hart sien te kommunikeer -- met emosie geskilder.

Sy nederigheid en deernis is inspirerend, ‘n lang en suksesvolle loopbaan wag vir hom as kunstenaar.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars