Willem Botha

Willem Botha

Willem Botha | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Willem Botha is ‘n Suid Afrikaanse sanger en akteur. Hy is in 2004 as ‘n wenner van die Plusster-talentkompetisie wat deur Die Burger aangebied was aangewys. 

Willem Botha - Een Shot
Willem Botha - Soen & Vergeet
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

2019 -- Een Shot -- Single

2017 -- Soen & Vergeet

2014 -- Hemelhoog -- Single

2014 -- Iemand As Jou Hart Breek -- Single

2012 -- My Stem is Joune

2009 -- Sê My Nou

2009 -- It’s Alright

2007 -- Kô Ma Hier

Biografie

Willem Botha is ‘n Suid Afrikaanse sanger en akteur. Hy is in 2004 as ‘n wenner van die Plusster-talentkompetisie wat deur Die Burger aangebied was aangewys. 

In 2007 neem hy deel aan kykNET se Idols-reeks en word as naaswenner bekroon waartydens hy ‘n platekontrak met Sony-musiek losslaan.

Sy debuutalbum, Kô Ma Hier, is in 2007 uitgereik. In 2009 ontvang hy ‘n Euro Ster-toekenning vir sy liedjie Dis alles ‘n Miracle in die kategorie vir beste oorspronklike Afrikaanse liedjie.

Op 26 is die meeste jong Suid-Afrikaners gelukkig met ’n kwalifikasie en, selfs beter, ’n vaste werk om hulle drome te help bou. 

Op hierdie ouderdom het Botha reeds sy derde album, My Stem Is Joune, vrygestel. Terselfdertyd wag sy ondersteuners in spanning vir sy eerste tv-dramareeks, DONKERLAND, wat Augustus op Kyknet begin wys.

Botha aanvaar nie enige aspek van sy hoogs kleurvolle loopbaan as vanselfsprekend nie, en hy dryf homself en sy Godgegewe talent tot die randjie van selfs groter dinge. Hy lewe sy droom, vertel hy. 

“Ek het altyd geweet ek wil meer as ’n musikant wees. Ek is ’n vermaaklikheidskunstenaar in elke sin van die woord.” 

As sanger, danser, akteur en meer onlangs ook liedjieskrywer, is Botha op ’n nuwe groeikurwe – tot voordeel van die ewig-stygende getal bewonderaars wat ’n liefde vir wêreldklas vermaak deel.

Om te bevestig dat daar nog baie is waar die vorige twee albums vandaan gekom het, merk Julie 2012 die vrystelling van Botha se splinternuwe 14-snit album. 

My Stem Is Joune spog met ’n vlak van volwassenheid en eerlikheid wat aanhangers van 2006 se baanbrekerdebuut Kô Ma Hier en 2010 se SAMA-genomineerde opvolger Sê My Nou sal bekoor. 

Die album is gevul met kragtige vooruitgang. “Ek was mede-skrywer op die album en het ‘Vat Oor By My Jesus’ en ‘Breek Op In Stereo’ geskryf en ook help skryf aan ‘Sad Song’ – iets wat ek nog nooit tevore probeer het nie – en ek’s mal oor die hele proses,” vertel hy. 

“Hierdie album het alles vir my verander. Die liedjies is ongelooflik sterk danksy die wonderlike span talentvolle liedjieskrywers Johan Oberholzer en Machiel Roets.

Bekend vir die treffer “My Lewe Draai Om Jou” (die titelsnit van Liefling Die Movie) het “Sad Song” gehelp skryf, terwyl Oberholzer agt liedjies bygedra het, insluitende die titelsnit van Botha se nuwe treffer-besaaide versamelstuk.

Al is Botha reeds suksesvol, pak hy elke dag oopkop aan en is gretig vir enige uitdaging wat die bedryf oor sy pad bring.

Musiek is ook net een faset van sy veelsydige gawes. 

Ná sy filmdebuut in 2010 se Liefling, Die Movie (amptelik die mees suksesvolle Afrikaanse rolprent ooit), het Botha die karakter van Hennie Hakkel in Pretville, Die Movie aangepak in 2012 en gewys hoe veelsydige akteur hy is en beloof om te wees. 

“Ek glo nie in geluk nie,” sê hy, op die man af. “Jy maak jou eie geluk. Ek werk ongelooflik hard, elke dag, om geleenthede te vind en my met wonderlike mense te omring waarmee ek saamwerk.”

Met tyd kom ondervinding en volwassenheid, twee eienskappe wat Botha inspan met elke kans wat hy kry.

“My stem het ongelooflik gegroei en verbeter,” reageer hy as mens hom vra hoe My Stem Is Joune met sy vorige twee vrystellings vergelyk. 

“Die algehele klank van elke liedjie is sterk. Die kwaliteit en produksie is ook beter as ooit. Ek skryf oor die lewe en ondervindings wat ek gehad het. So daar is ’n vlak van eerlikheid en integriteit waarop ek baie trots is.”

TREE AAN, Die eerste musiekblyspel oor die Grensoorlog word vervaardig en geskryf deur Deon Opperman. Botha het in die winter van 2011 een van die hoofrolle gespeel in die merkwaardige teaterstuk.

Vir 4 maande moes Willem die emotionele boodskap van André Venter vertolk met sang en spel.

Dis juis dan wat mense Botha ernstig as akteur opgeneem het.

Wanneer dit kom by die musiek wat hy skryf, sing en uitvoer, is Botha nie aanstellerig oor enige aspek nie. “Ek gee nie om wat ek sing nie,” voeg hy by. “As mense dit geniet, dan is dit wat my gelukkig maak.”

Vir Botha is dit niks nuuts om die verhoog met kunstenaars soos Steve Hofmeyr te deel nie. Hy is gaskunstenaar op sy Haloda, DVD wat September 2012 uitgereik is. 

“Dis altyd ’n groot voorreg om genooi te word om saam met Steve te speel,” sê hy. “Ek sal My Stem Is Joune op sy eie toer ook neem, en ons sal gaan waar daar ookal aanvraag is.

Ek’s lief daarvoor om lewendig op te tree en om op die verhoog te wees, dis wanneer ek in my element is. Dis waar ek regtig tevrede is.”

Hy is puntenerig oor die klein dingetjies en dring daarop aan dat alles wat hy aanraak die beste moet wees wat dit moontlik kan wees.

So Willem het werk gemaak daarvan om elke aspek van My Stem Is Joune te beïnvloed – regdeur tot by die kunswerk wat die omslag versier. 

“Ons het die omslag geskiet op ’n perdeplaas buite Pretoria,” vertel hy. 

As ’n Springbok-ruiter, maak Botha steeds tyd in sy besige skedule om perd te ry by sy broer, ’n perde-afrigter, op die plaas. 

“Ek het grootgeword op ’n plaas naby Riversdal, so ek gryp enige kans om op die familieplaas te gaan ontspan.”

Een luistersessie van My Stem Is Joune sal langdurige aanhangers tevrede stel. In die wete dat die beste dele wat hulle in Willem Botha leer ken en liefkry het, nogsteeds ongeskonde is.

“Ek het selfs ’n club mix van ‘Breek Op In Stereo’. Sowel as ’n medley van drie liedjies van my debuut, Kô Ma Hier, ingesluit,” sê hy. 

“Ek sing die medley by amper al my vertonings. Nou kan aanhangers vir die eerste keer die ervaring saam met hulle huis toe vat en dit kliphard speel.”

Om die beste klank te kry het Botha met van die land se top vervaardigers, Murray Lubbe en Robin Kielly gewerk.

2013 skop Willem af op n hoogtepunt met optredes in Nederland en België.

Hy kry ook die geleentheid om die eerste afrikaanse sanger te wees om deel te neem aan die wêreld se grootste sangkompetisie, Eurovision te Swede. 

Botha, wat deel was van die land Belarus se span. Ook deel die verhoog met international sterre soos Bonnie Tyler en Cascada. Eurovision is die sangkompetisie met die meeste kykersgetal en word in 44 lande uitgesaai.

Hy weet van watter kant die wind waai, en maak tyd om te reageer op elke aanhanger wat kontak maak op sy sosiale media platvorms.

“Ek’s baie aktief op Facebook en Twitter,” wys hy uit. 

“As my bewonderaars die moeite doen om met my te praat, wil ek die dieselfde doen. Sedert die begin van Idols was ek baie aktief aanlyn.

Dis ’n goeie manier om in voeling te bly met die mense wat my toelaat om aan te hou doen waarvoor ek lief is.”

Willem Botha het dalk reeds sukses geproe maar hy’s honger vir nog en meer as bereid om die maaltyd self voor te berei langs die pad. “Daar’s ’n goeie gesegde wat ek aangepas het. 

Dit het vir my ietwat van ’n mantra geword wat opsom hoe ek my lewe lei. Dit gaan so: “Die hysbak na drome is gebreek, so ek klim die trappe.”

Tussen familie en goeie vriende wat hom almal help om sy voete op die grond te hou.

En ook sterk bestuur, omring Willem Botha homself met talentvolle mense. “Wat ek doen is dikwels vol uitdagings,” sluit hy af. 

“Hoeveel mense kry die kans om te doen wat ek doen? Daar gaan nie ’n dag verby wat ek nie stop en dankie sê vir elke geleentheid wat ek kry nie. Hopelik hoor aanhangers dit in die liedjies, en veral wanneer ek lewendig optree en hulle persoonlik kan bedank.”

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis