Zita Pretorius

Zita Pretorius

Zita Pretorius | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Zita Pretorius is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Die bekoring van Zita se suiwer klanke van haar Koloratuur-sopraan stem, met ‘n klassieke ondertoon en subtiel vermeng in kwaliteit kontemporêre manier van sing maak van haar ‘n groot SA-klassieke gunsteling.

ZITA Pretorius - Hoekom maak jou soene seer
ZITA - Jy Tel My Op - Official Music Video
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

2011 – Ons Lieflinge / Our Darlings – Die Engele Sing

2012 – De La Creme – Dolce Vita

2012 – Skakerings van Dagbreek

2014 – Burgerd + Zita

2018 – Hoekom Maak Jou Soene Seer – Single

2019 – Begin Weer – Single

Biografie

Zita Pretorius is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Die bekoring van Zita se suiwer klanke van haar Koloratuur-sopraan stem. Met ‘n klassieke ondertoon en subtiel vermeng in kwaliteit kontemporêre manier van sing maak van haar ‘n groot SA-klassieke gunsteling.

ZITA het haar bekendheid vir klassieke styl verwerf toe sy voorheen saam met “Ons Lieflinge, met Rudi Claase, ’n duet-album, opgeneem het.

Die album het goue status bereik in 2012 en ook was haar eerste solo-album, Skakerings van Dagbreek, op die rak daarna. 

Laasgenoemde is benoem vir ’n Ghoema- asook ’n Tempo-toekenning. Intussen het sy ook al duette opgeneem saam verskeie Afrikaanse sangers. Zita het ook ‘n paar konsep-albums opgeneem o.a. De La Creme, saam met Corlea Botha.

Haar liefde vir musiek het baie vinnig in ‘n liefde vir musiekteater oorgespoel. ZITA is genooi om deel te vorm van die Gauteng Opera geselskap as ‘n solis. En het in verkeie opera- en ander produksies haar verskyning gemaak as deel van hierdie geselskap, o.a. “L’elisir D’amore” en “Cula Msanzi”. 

Sy was ook te sien as Lilly in “Cradle Under the Shade”, Nornia in “Don Pasquale” en Muzetta in Puccini se uitdagende “La Bohemè”.

ZITA het in die 2017 Add-Life produksie van die immergewilde afrikaanse musiekblyspel, ‘n hoofrol van “Houtkruis die Musical”, haar buiging as Katerina, die bosmeisie gemaak. 

Haar uiters suksesvolle eenmanvertoning, “ZITA goes Classics” was ook al te sien op die planke van die Atterbury teater.

Om haar stempel neer te druk in die ligte klassieke mark in Suid-Afrika, is daar splinternuwe, Afrikaanse, oorspronklike liedjies oppad vroeg 2018. Geskryf deur die bekende Johan Oberholzer, vervaadig deur Murray Lubbe, en ook orkes verwerkings deur Eddie Clayton.

Sy is verseker ‘n aanwins en beloof om enige funksie ekstra spesiaal te maak.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis