
Gert van Tonder | Suid Afrikaanse Kunstenaars
Gert van Tonder is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het ook saam met Sias Reinecke opgetree as Groep Twee. Die liedjie Sproeitjies, wat Sias Reinecke bekend gemaak het, is deur Gert geskryf.

Diskografie
Musiek Uit Die Hart – 2017
Herleef Groep Twee met Gert van Tonder en vriende – 2009
Boerneef op sy beste, met Kristie Herbst
Ek Het U Nodig LP – 1982
What A Friend LP, met Min Shaw – 1979
Slaaptydstories LP – 1972
Willie Wakkermaak in Feëtjieland LP – 1972
When I Sing For him, met Min Shaw
Biografie
Gert van Tonder is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het ook saam met Sias Reinecke opgetree as Groep Twee. Die liedjie Sproeitjies, wat Sias Reinecke bekend gemaak het, is deur Gert geskryf.
Sy reusebydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf strek oor dekades. Saam met sy sangmaat, Sias Reinecke, het hy in die sestiger- en sewentigerjare liedjies soos “Die Padda wou gaan opsit” ’n deel van die Afrikaanse kultuurerfenis gemaak.
Gert is steeds aan die sing en sy splinternuwe CD bevat liedjies soos Stef Kruger se “Die Pennies op die Spoor” en Koos du Plessis se “Sprokie vir ’n Stadskind”, asook ’n paar van sy eie liedjies.
Hy het onlangs saam met Snotkop nuwe lewe aan die “Die Padda wou gaan opsit” gegee.
Een van die snitte op die nuwe album, “Ons land is steeds die beste”, is ’n getuigskrif dat Gert se hart na al die jare, steeds warm vir Afrikaans klop. Nog ’n liedjie op die album is “Butterfly” wat reeds beskikbaar is op Itunes.
Gert het in sy loopbaan meer as 160 liedjies geskryf, waarvan die bekendste oorspronklike liedjie (musiek en woorde) sekerlik Haas Das se Nuuskas is.
Sy lirieke vir die liedjie Sproetjies, op ‘n Amerikaanse wysie, het aanvanklik in die snippermandjie beland, maar is gelukkig nie.
Saam met die Belgiese sangeres Dana Winner se opname daarvan is oor die 300 000 plate en CD’s verkoop.
Dié bekroonde ikoon is reeds meer as vyftig jaar in die vermaakbedryf.
Suid Afrikaanse Kunstenaars
