Jannie Moolman

Jannie Moolman

Jannie Moolman | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Jannie Moolman is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Hy is in Kwazulu-Natal gebore en het sy operaroopbaan as tenoor in 1990 begin.

Jannie Moolman en Corlea Botha - Caruso (Afrikaans is Groot 2012)
Joseph Clark and Jannie Moolman sing Vivere
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Dig By My – 2019
Classics The Concert (Live) – 2018
Jannie & Corlea Unforgettable – 2017
Die Son Sal Weer Skyn – 2011
My Storie DVD – 2009
Ek Kom Huistoe – 2007
Terugblik – Klassieke Gunstelinge – 2007
Die Duet Album, met Rina Hugo – 2006
Hoëveld Kleure – 2005
Jannie Moolman – 2005
Jannie Moolman en Vriende DVD – 2004
Life is Beautiful – 2003

Biografie

Jannie Moolman is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Hy is in Kwazulu-Natal gebore en het sy operaroopbaan as tenoor in 1990 begin.

Nadat hy sy graad in kommunikasie aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het.

Hy studeer onder leiding van sommige van Suid Afrika se beste musikale en mentors, waarvan sommige Gudrun Barella, Martia Napier en Eric Miller insluit.

In 1992 word hy solokunstenaar in die Pretoriase Staatsteater.

Jannie raak ook betrokke by verskillende verhoogproduksies soos Attila, Der Rosonkavalier, Lucia di Lammermoor, Pagliacci, Le Nozzi de Figaro, Idomeneo, Der Fliegende Hollander, Turandot, Manon Lescaut en Fidelio Salome.

Jannie maak sy debuut by die opera in Kaapstad as Rene in Count of Luxembourg in 1994, waar hy ook in verskeie ander operas gesien is, soos. Tamino (Die Zuberflote), Pinkerton (Madam Butterfly) en Don Jose (Carmen).

Jannie het ook rolle in die volgende produksies gehad. La Boheme, Don Pasquale, La Traviata, Rigoletto, The Entfurung aus dem Serail, Un Ballo in Maschera en Nabucco.

Jannie het ‘n uitgebreide toer deur die land gedoen. Sy vertonings was op van Suid Afrika se grootste kunste feeste aangebied, waaronder Spier, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop en die Grahamstad Kunstefees.

Jannie ontvang verskeie toekennings deur die jare.

Die FNB Vita Life Award vir die belowendste sanger vir die rol van Arturo in Lucia di Lammermoor (1992) sowel as die Staatsteater / SAA Opera Foundation Award (1993).

Jannie is in die Marsala International Sang-kompetisie in Italië in die tweede plek bekroon en het ook die FNB Vita Life Award vir die beste uitvoering deur ‘n manlike sanger in 1997 ontvang.

Hy kry ‘n derde plek in die bekende Belvedere International-sangkompetisie in Wenen. 

In 1998 ontvang hy nog ‘n FNB Vita Life Award vir sy optrede as Dominee Venter in Roelof Temmingh se Buchuland.

Hy word ook genomineer vir ‘n FNB Vita Life Award vir sy unieke rol as Price Karl Franz in The Student Prince.

Jannie Moolman se konsertloopbaan bevat die volgende. Hӓndel’s Messiah, Schubert’s Miss in G, Beethoven’s Negende Symphony, Missa Solemnis. 

Ook Mozart’s Requiem and Coronation Messe, Rossini’s Stabat Mater en Messe Solennelle en Gérard Korsten, Bruno Aprea en Reinhard Schwarz.

Hy het wêreldwyd in lande soos Oostenryk, Duitsland, Engeland, Hong Kong, China en verskeie ander Afrika-lande opgetree.

Jannie Moolman was voorheen deel van die bekende groep: Ons Eie Drie Tenore. Hy tree ook saam met Jaren Meiring op in die produksie Klassieke Pelle. Geskryf deur Janice Honeyman (ook die regisseur van die produksie).

Jannie Moolman deel die verhoog gereeld met Rina Hugo. Nadat hulle saamgesing het in die uiters suksesvolle KKNK-produksie van Gé Korsten: Hoor my lied. Jannie Moolman stel in April 2003 sy eerste solo-album vry.

Jannie Moolman, Dozi en die Afrika Mamas ontvang die Herrie-prys in 2004 tydens die tiende KKNK Nasionale Kunstefees.

Hierdie prys word toegeken aan die kunstenaar wat die grootste oproer (“herrie”) tydens die fees veroorsaak het.

Dit is presies wat Jannie, Dozi en die African Mamas gedoen het met hul “cross-over” produksie, waar Jannie ook kontemporêre musiek en blues gesing het.

Jannie tree gereeld saam met drie voortreflike musikante op in die produksie: 4X4 No Tracks.

Hierdie vertoning steel die hart van enige musiekliefhebber, want dit is ‘n lewendige uitvoering met ‘n orkes.

“Dit is die mengsel van die groot stem van Jannie Moolman en die uitmuntendheid van die trio van musikante wat hierdie opvoering omskep in ‘n redelike funky, nie te mis nie, uitvoering.”

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis