Wicus van der Merwe

Wicus van der Merwe

Wicus van der Merwe | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Wicus van der Merwe is ‘n Suid Afrikaanse sanger wat ligte vermaakliedjies sing. Van sy treffers sluit in Spietkop, Hie’ Komme Ding en Vat Hom Pappie

Hy is in 2009 deur Huisgenoot Tempo genomineer vir die “Beste Humoristiese Album”. Sy pa Tolla van der Merwe was ‘n bekende grap- en storieverteller. 

WICUS vd Merwe POPSTER
Wicus van der Merwe - Hie' Komme Ding
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Songs Uit Botterblomstraat -- 2017

20 Goue Treffers -- 2015

Popster -- 2014

Al my Hiets -- 2014

Hooit! -- 2009

Vat Hom Pappie -- 2007 

Hie Komme Ding “Live” DVD -- 2007

Annatjie My 4x4 -- 2005

Hie Komme Ding -- 2004

Biografie

Wicus van der Merwe is ‘n Suid Afrikaanse sanger wat ligte vermaakliedjies sing. Van sy treffers sluit in Spietkop, Hie’ Komme Ding en Vat Hom Pappie

Hy is in 2009 deur Huisgenoot Tempo genomineer vir die “Beste Humoristiese Album”. Sy pa Tolla van der Merwe was ‘n bekende grap- en storieverteller. 

Willem Jacobus van der Merwe (Wicus) is gebore op Clanwilliam op 17 Julie 1972, eersteling vir pa Tolla en ma Marieta van der Merwe. 

My ma het van kleins af gesê ek het nie ‘n skaam haar op my kop nie.

So dit was seker onafwendbaar dat ek op een of ander manier op die verhoog sou beland. 

‘n Baie soet kleuter wat van die eerste nag af deurgeslaap het.

Net hier en daar my jonger suster se bottel gesteel het en haar nou en dan aan die hare rondgsleep het as my ma kuiermense gehad het. 

Ek het ook so nou en dan my jonger broer omgepraat om al sy verjaarsdag geld te belê in een van my sweeties skemas wat natuurlik voordelig was vir ons altwee. 

My laaste sussie het haar verskyning gemaak toe ek al op skool was soos ñ oorstoot drie in rustyd!

Om my uit hul hare te kry is ek in Januarie 1979 skool toe gestuur en het terstond op my Sub A juffrou verlief geraak. 

Na baie harde werk en baie gebede van my ouers het ek gematrikuleer aan dieselfde hoërskool waar ek my skoolloopbaan begin het in 1990, Hoërskool Clanwilliam. 

Op skool het ek aan alle denkbare buitemuurse aktiwiteite deelgeneem en was skoolwerk grotendeels ‘n bysaak. 

Versot op rugby, maar het ook tennis, swem, atletiek, kadette, koor, skaak, skoolkoerant onder my belt gekry met gemengde welsae. 

Ek was darem eerstespan haker vandat ek St. 9 was en het darem ook ‘n beker vir hoogspring in my hoërskoolloopbaan verwerf. 

My grootste liefde was maar nog altyd die verhoog. En om daar te wees het ek koor gesing, aan toneelkompetisies deelgeneem en selfs hier en daar ‘n toespraak of twee gelewer! 

Toneel was nog altyd vir my lekker en my eerste rol was die van ‘n mier in een of ander laerskool produksie. Die outjie met minder talent as ek was ‘n klip!

Na skool het ek my verpligte jaar diensplig in die Vloot te Saldanha en Simonstad verrig, the best time of my life I never want to have again! 

Selfs hier was die verhoog se bekoring nie te ver nie en was ek deel van ‘n band wat sommer so terloops gevorm is in ons basiese opleiding dae. 

Die klawerbord- en trompetspeler was later deel van die Springbok Nude Girls, Adriaan Brand. Die band het een of twee optredes gehad en het ook nooit ‘n naam gehad nie. 

Na my diensplig voltooi is, is ek na Stellenbosch om ‘n graad te verwerf vir my toekoms in die groot wye wêreld. 

Eers wou ek ‘n Engelse onderwyser word, maar as gevolg van verkeerde vakkeuses moes ek dit laat vaar.( Dis ‘n lang storie!) Volgende op die lys was joernalistiek, maar die punte was nie na wense.(Nog ‘n langer storie!!) 

Op die ou end het ek my BA graad verwerf, drie jaar kursus ingedruk in vier jaar, met Sielkunde en Dramakunde as hoofvakke.

Lina Spies van Departement Afrikaans-Nederlands was nie baie impressed met my in my tweede derdejaar nie.

Toe ek vir haar gesê het ek glo nie die betrokke gedig waarmee ons besig was kon ooit ‘n dieper betekenis hê nie. 

Deur my hele akademiese loopbaan op Stellenbosch was ek lid van die beste manskoshuis in die heelal, Simonsberg.

En het in my vierdejaar op die HK gedien as HK lid vir kultuur en hoof van die Kos Aangeleenthede Komitee.

Die afkorting van laasgenoemde sal as bewys dien vir die harde werk wat ek op hande gehad het!!

Na Stellenbosch moes ek ‘n werk kry en het in Januarie 1996 begin werk as korttermynversekeringsklerk by Boland Bank. 

Daarna is ek na Sanlam en verskeie ander versekringsmaatskappye en het ek my gebesig in die veld tot en met die begin van 2005.

Een van my base het my loopbaan in die veld die beste opgesom na my bedanking toe hy gesê het: “Wicus is ‘n baie beter pel as wat hy ‘n werknemer is.” 

Op 10 Oktober 1998 is ek getroud met die vrou van my wildste drome, René, en is tot vandag toe nog met haar getroud!

Ons bly in Malmesbury met ons 2 honde Fibi & Lettie.

In Desember 2002 het ek my eerste platekontrak gesluit. Hieruit het daar oor die afgelope paar jaar 6 cd’s en 2 dvd’s gespruit. Waarvan 4 al Goue status bereik het. Twee SAMA benoemings gekry het, ñ Ghoema en ñ Tempo toekenning vir die beste komedie album. Nogal fênsie!! 

Ek was ook aanbieder van my eie program op Kyknet vir 2 jaar lank met Opskop. En die afgelope 5 seisoene is ek mede-aanbieder van “Jou Show” met Emo Adams. Oppie TV my broe!!

Jy moet ook nie vir my lig kyk nie.

Ek was ook al twee keer seremoniemeester by een van die groostse musiekkonserte in SA naamlik Skouspel en Skouspel Plus. 

Na al die “brêggery” moet mens seker ook net weer terugkom aarde toe. En net dankie sê vir almal wat my tot dusver ondersteun het. En dié wat nog in die toekoms ook dit gaan doen! Sonder mense wat jou ondersteun kan jy nie ver kom in die ou wêreld nie. 

Baie dankie aan ieder en elk en ek hoop ons paadjies kruis in die nabye toekoms!!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis