Nianell

Nianell

Nianell | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Nianell is ‘n Suid Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer. Sy is in Omaruru in Namibië gebore is.

Sy het internasionale bekendheid verwerf met treffers soos Who Painted The Moon en Angel Tongue. Van haar Afrikaanse treffers sluit in Magaliesburgse Aandlied en Sal jy onthou.

Who Painted The Moon(Live) - Nianell
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Who painted the moon -- 2002 

Angel tongue -- 2004

Life’s gift -- 2006 

As one -- 2007 (Lewendige opname, konsert by Emperor’s Palace)

I know I’m lucky -- 2008 

It Takes Two (saam met Dozi) -- 2009 

Sand & Water -- 2010

‘n Duisend Drome -- 2011 (Romanz & Nianell)

My Heart -- 2012

Just Be -- 2014

My Beautiful Escape -- 2017

Biografie

Nianell is ‘n Suid Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer. Sy is in Omaruru in Namibië gebore is.

Sy het internasionale bekendheid verwerf met treffers soos Who Painted The Moon en Angel Tongue. Van haar Afrikaanse treffers sluit in Magaliesburgse Aandlied en Sal jy onthou.

Haar liedjie, I Hold the Sun and the Moon in my Hands is benoem vir die 2010 Liedjie van die Jaar by die LA Music Awards.

Nianell se suster, Riana Nel is ook ‘n bekende Suid Afrikaanse sangeres.

Die diverse kreatiewe entrepreneur Nianell is ‘n platinum verkoper wat gemaklik deur vier oktawe sing.

Sy doen baie verskillende style van musiek. Begelei haarself op klavier en akoestiese kitaar.

Sy skep klanke, frekwensies en vibrasies, waar woorde soms onnodig is. Waardeur elke siel die boodskap vir hulself kan interpreteer.

‘n Suid-Afrikaanse en internasionale suksesverhaal, met baie van haar liedjies wat op radiostasies wêreldwyd speel.

Sy is ‘n begaafde sangeres, ‘n talentvolle musikant en liedjieskrywer, sowel as ‘n wêreldgepubliseerde skrywer van Hay House. ‘n Inspirerende spreker en liefdevolle moeder van drieling-meisies.

Sy het ‘n 3-jarige diploma aan die Universiteit van Tshwane in musiek voltooi, ‘n PhD in metafisika, ‘n sertifikaat van wetenskap en meesters in @Thetahealing.

Hoogtepunte in haar loopbaan:

Optrede saam met Andrea Bocelli in die Sun Dome.

Optrede tydens die Fifa Wêreldbeker-eindstryd in 2010 wat wêreldwyd uitgesaai is.

Nianell, se lied ‘Who Painted the Moon’ is op die sanger Hayley Westenra se album ‘Pure’ gedek, wat meer as 2 miljoen eksemplare verkoop het.

Nianell is ‘n kunstenaar wat multi-platinum verkoop en het tot dusver 8 solo-albums uitgereik.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis