Armand Steenkamp

Armand Steenkamp

Armand Steenkamp | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Armand Steenkamp spits hom toe op oorspronklikke afrikaanse musiek, met rolmodelle soos Worsie Visser en Zak van Niekerk sy ou buurman kan hy mos nie verkeerd gaan nie. 

Armand Steenkamp - Diepsteek en lank lê
Armand Steenkamp - Lekker Mens
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Ek Kan Nie Dans Nie Maar Ek Kan Vry -- 2015

Lekker Mens -- 2018

Biografie

Armand Steenkamp het groot geword tussen Pofadder en nerens, naby Kliprand in die Boesmanland.

Armand het skool gegaan in Springbok en toe later gaan leer engels praat in Boland Landbouskool in die Paarl.

Hy het ook gedroom van Groen en Goud, maar gelukkig vroeg agter gekom dat as jy wil meer brandewyn en bier drink moet jy sing.

Armand spits hom toe op oorspronklike afrikaanse musiek. Met rolmodelle soos Worsie Visser en Zak van Niekerk sy ou buurman kan hy mos nie verkeerd gaan nie.

Armand tree gereeld by feeste en skoue op en doen ook verjaarsdae partyjies, jaareind funksies, middel van die jaar funksies, moedskep funksies asook konferensies.

As jy heelnag wil partytjie hou is Armand jou man vir die funksie. Hy het besluit om by sy oorspronklike naam te bly vir optredes, want name soos Superman, Batman, Catwoman en Mickey Mouse is klaar gevat.

Mediavrystelling

Wat het Armand Steenkamp met wyle soos Worsie Visser, Zirk Bergh en Zak van Niekerk in gemeen?

Hulle was almal LEKKER MENSE en se musiek lig jou gemoed!

Die eerste keer in ‘n lang tyd verskyn daar ‘n lekker album, vol lekker liedjies, wat jou laat lekker voel. Selfs al gaan van die lirieke oor die swaarkry van boerdery.

Maar Armand draai die probleme en swaarkry op sy kop en laat jou lekker voel as jy hierna luister.

Ek wil amper so ver gaan om te sê hy laat selfs die droogte dan nou lekker voel as jy so na hierdie ritmiese, opgewekte album luister.

Die album is opgeneem aan die Weskus in Wouter van de Venter se bekwame hande en ateljee. Selfs Wouter verras ons hier en wys jy moet hom nie stereotipiseer nie.

Armand het grootgeword in die Boesmanland erens tussen Pofadder, Kliprand en die niet. Die naaste skool was Springbok waar hy wou rugby speel, sing en graag ingels praat.

Die kans om Springbok te word is dus baie groter in die Boesmanland want daar was Engels nie ‘n tweede taal nie, maar ‘n vreemde taal.

Hoërskool was hy in die befaamde Boland Landbou. Vandag tree hierdie boer landwyd op by enige funskie en sy konsertgangers sien telkemale die son opkom. “Solank hy net nie ingels hoef te praat nie”, sê hy.

Sy nuutste album, Lekker Mens, laat jou goedvoel sommer oor die slegte dinge van die land. Sy liefde vir visvang en jag tel jy ook so tussen die snitte se lyne op.

2016 was jy selfs genomineer deur die Ghoema’s vir Beste humoristiese album.

Armand se nuwe album is gelaai met humor en moderne verwerkings wat jou voete gaan laat jeuk en jou van jou ‘n lekker mens gaan maak.

Met al die negatiewe waarmee ons deesdae omring is, beloof die album om die beste ding te wees wat jy vir jou gemoed kan aanskaf.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars