Steyn Fourie

Steyn Fourie

Steyn Fourie | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Steyn Fourie is ‘n Suid Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, MC en verhoogbestuurder.

Nadat hy sy eerste enkelsnit vanaf sy album, DINK JY AAN MY op televisie vrygestel het, het die treffer reeds op die gewilde musiekprogram, JUKEBOX, gedebuteer.

Steyn Fourie - Doen Dit Nou
Steyn Fourie - Stevie Wonder cover medley
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

2004 -- Bloed Is Dikker As Water (met Elvira)
2006 -- 10FM
2010 -- Dink Jy Aan My

Biografie

Steyn Fourie is ‘n Suid Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en verhoogbestuurder.

In 1991 het hy die nasionale sangprogram “Debuut” gewen as beste sanger in Suid-Afrika.

Nadat hy sy eerste enkelsnit vanaf sy album, DINK JY AAN MY op televisie vrygestel het, het die treffer reeds op die gewilde musiekprogram, JUKEBOX, gedebuteer.

Steyn was genooi om op DIS HOE DIT IS MET STEVE te verskyn en het ‘n DKNT-onderhoud ook gedoen.

Steyn is nie ‘n nuweling in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf nie. Sy indrukwekkende CV wys dat hy ‘n veeltalige en veelsydige kunstenaar is.

Hy het by Steve Hofmeyr se 40ste verjaardag saam met ‘n 20-stuk orkes opgetree. 

Steyn en sy suster Elvira, tree ook die afgelope vyf jaar saam op.

Vanaf 2004, 2006, 2007 en 2008 het die groep die verhoogbestuur en kunstenaarbespreking van die Beeld-verhoog op Aarklop gedoen.

By die InniBos het Steyn en sy span die verhoog behartig wat die internasionale bands Boney M en Smokie aangebied het. 

Saam met die plaaslike sterre Patricia Lewis, Kurt Darren, Arno Jordaan, Dr Victor en die Rasta Rebels, Nicholis Louw en Lianie May.

Hy het baie radio-jingles gedoen vir groot ondernemings. Soos McCarthy Toyota, Gillette, The Kolonnade, Coca Cola en Pretoria Show om maar ‘n paar te noem.

Hiermee saam is Steyn ‘n begaafde liedjieskrywer.

Sangafrigting is ‘n ander gebied waarby Steyn betrokke is by ander bekende kunstenaars.

Steyn bied vyf verskillende lesse aan, van verhoogpersoonlikheid tot sang. Om dit alles te bemark, word hy gereeld deur maatskappye gebruik vir spanbou-geleenthede.

Vir die afgelope ses jaar is hy besig met ‘n projek van die Nasionale Skool.

Sonder om die kleinhandelpad te stap, het hy 130 000 CDS verkoop. Net deur op te tree vir skoolkinders en die CD’s uit sy hand te verkoop!

Al die optredes is gratis aangebied by Afrikaanse laerskole.

Sedert Maart 2004 het hy meer as 270 000 km afgelê, meer as 460 skoue voltooi en duisende laerskoolkinders met 10FM bereik.

Hy leer hulle die tien gebooie op ‘n interaktiewe, prettige manier.

In 2009 is die projek ook vrugbaar aangebied by skole in Namibië.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis