Jak de Priester

Jak de Priester

Jak de Priester | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Jak de Priester is ‘n Afrikaanse sanger en skrywer. Hy is in 2002 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Van sy treffers sluit in: Sally Williams Nougat en Groen Mamba. Hy het ook die temalied van KykNET se sepie, Binnelanders geskryf en gesing.

Lara - Jak de Priester
Jak de Priester - Fyn Lyn
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Sally Williams Nougat – 2003
Strate Van My Hart – 2004
Brooklyn Poet – 2005
Stellenbosch Lovesong – 2007
Groen Mamba – 2009
Die liefde los ‘n spoor – 2011
N1 van my hart – 2013
Myne,Myne,Myne – 2014
Ek reis na gister – 2015
15 Jaar – 2017

Biografie

Jak de Priester is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het in Parys in die Vrystaat grootgeword. Hy is al van kleins af doenig met musiek, die verhoog en liedjiesskryf.

Sy loopbaan het in 2003 afgeskop, nadat hy die ATKV-Crescendo-kompetisie gewen het.

Dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album, getiteld Sally Williams Nougat op te neem. Wat ’n groot treffer met dieselfde naam opgelewer het. Hy het ook in daardie jaar ’n Geraas-toekenning ontvang vir Beste Nuweling.

Sedert sy debuutalbum, het talle nommer een radiotreffers, toekennings, benoemings en suksesvolle albums gevolg.Waaronder Strate Van My Hart (2004). Brooklyn ‘Poet’ (2005). Stellenbosch Lovesong (2007). Groen Mamba (2008). 16 Briewe Aan My Baby (2010). Die Liefde Los ’n Spoor (2011). N1 van my Hart (2012), Ek Reis Na Gister (2015) en ’n kinderalbum en –DVD, Myne, Myne, Myne (2014).

Hy was ook te sien in verskeie verhoogproduksies. Soos Underground, Strate Is Nie Stom Nie, Nataniël and Friends, Net ’n Bietjie Liefde Vir Die Langpad, en vele meer.

Die ster is verder ook die skrywer en sanger van verskeie temaliedjies vir kykNET-televisiereekse, waaronder die gewilde sepie, Binnelanders, 10 uit 10 en Reis na Gister, waarvan hy ook die aanbieder is.

Die reeks is tans in sy vyfde seisoen en het vir hom in 2015 ’n nominasie as Aanbieder van die Jaar besorg.

Jak skryf in 2017 die temalied van die nuwe Afrikaanse fliek, Hoener Met Die Rooi Skoene,. En vier van sy liedjies is gebruik as deel van die lokettreffer, Semi-Soet, se klankbaan.

Oor die jare, het hy nie net die verhoog met gewilde name in die bedryf gedeel nie, maar ook by van die grootste feeste en konserte opgetree. Waaronder Huisgenoot Skouspel, Afrikaans is Groot, Innibos Kunstefees, KKNK, en vele meer.

Sy musiek is ook gewild oorsee en Sally Williams Nougat was op die Top 20 van ’n Engelandse radiostasie. Twee van sy liedjies is ook opgeneem in die nuwe FAK Sangbundel.

Musiek is egter nie die blondekop se enigste talent nie, want hy blink ook uit as digter en skrywer. Hy stel in 2005 sy eerste digbundel, Heuning in die Mond, vry gevolg deur ’n boek boek, Brood, in 2010.

Een van sy gedigte, Onsekerheid, is ook in 2009 ingesluit in die nuwe Afrikaanse Groot Verseboek.

Die sanger skryf ook sedert 2011 die rubriek, Pa se Stem, vir Baba & Kleuter.

2017 Merk presies 15 jaar nadat Jak de Priester op die Afrikaanse musiekfront verskyn het met sy trefferliedjie Sally Williams Nougat. 15 Jaar later het hy reeds 9 vollengte studio-albums agter sy naam.

Alles nuutgeskrewe liedjies uit sy eie pen. 1 Kinderalbum en –dvd, 2 boeke, ‘n paar gewilde kenwysies op die televisie en self die aanbieder van ‘n gewilde reeks op Kyknet getiteld Reis na Gister.

Hy vier sy 15 jaar in die bedryf met ‘n splinternuwe album vrystelling getiteld 15.

Die nuwe album bestaan uit 18 splinternuwe liedjies en ‘n paar interessante samewerkings soos met die pianis, Charl du Plessis en sangers Jannie Moolman en Steve Hofmeyr.

Die konsert maak hier en daar plek vir ‘n ou bekende oor die laaste 15 jaar – maar bestaan hoofsaaklik uit nuwe oorspronklike liedjies geskryf deur Jak de Priester.

Van tong-in-die-kies soos Niemand neem hul kwalik, tot dieper, ernstiger werk soos Vriendskap se water en die lied Boervrou wat hy vir sy ma geskryf het.

In die liedjie Afrikaans my taal vertel Jak de Priester die storie van hoe hy verlief geraak het op Afrikaans toe hy jare gelede in Londen gebly het en hoe dit ongetwyfeld die taal van sy hart en kuns geword het.

In die program Reis na Gister word Jak gereeld geïnspireer deur die lewens van sy gaste en soms kan hy nie anders as om ‘n liedjie te skryf nie.

Dié liedjie Stuur liefde aan ou Toks is geïnspireer na sy dag saam met Toks van der Linde in Senekal. En dan is daar ook die temalied van die Koos Roets film Hoener met die rooi skoene.

Die samewerking met Steinway-pianis, Charl du Plessis in die liedjie Bo blink Boogie Woogie maak ‘n lekker vyftigs saamdans treffer in Afrikaans.

Nog titels wat die hartsnare mag roer is Kleinmond gedig, As is verbrande hout, Alles vir liefde, My liggaam, Mika se song om net ‘n paar te noem.

Jak de Priester het 2017 af geskop met ‘n splinternuwe oorspronkike album en sê terselfdetyd dankie vir sy 15 fantastiese jare as sanger en liedjieskrywer in die temalied van die konsert… 15 Jaar met klavier en kitaar!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis