Wynand Windpomp

Wynand Windpomp

Wynand Windpomp | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Wynand Windpomp is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Dit is die verhoognaam van Wynand Burger. Wynand se musiekloopbaan het in Stellenbosch begin waar hy in ‘n orkes genaamd “Another 48 Hours” gespeel het.

WYNAND WINDPOMP WAANSIN (Afrikaans official music video)
WYNAND WINDPOMP STERRE WAT FLUISTER (Afrikaans official music video)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Adam en Eva – 2014

Gedagtes – 2009

Soektog – 2006

Te Ladida – 2004

Biografie

Wynand Windpomp is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Dit is die verhoognaam van Wynand Burger.

Wynand se musiekloopbaan het in Stellenbosch begin waar hy in ‘n orkes genaamd “Another 48 Hours” gespeel het.

Hy trek later na Worcester waar hy die orkes “No Strings Attached” stig en later by die groep “Sequence” aansluit. Sy debuutalbum, Te Ladida, is in 2004 uitgereik.

Met vele jare van ondervinding in die musiek bedryf en met 4 suksesvolle albums wat hy vrygestel het, kan hierdie veelsydige kunstenaar aanbeveel word om enige gehoor in die korporatiewe, privaat en publieke sektor, te vermaak, te inspireer en te troos.

Wynand Windpomp tree op by meeste van die groot Musiek- / Kunstefeeste regdeur die land asook in Namibië en was ook vir jare die organiseerder van een van KKNK se mees suksesvolle verhoë, Die Grootvoël Paradys.

Tans tree hy meeste van die kere op saam met Manie Mongia, wat hom ondersteun as “Lead Guitarist & Backing Vocalist”. Hulle staan bekend as WYSIWYG.

Met hul groeiende repetorium van 350 snitte en met sy lewendige optrede en perso onlikheid kan jy verseker word dat die kwaliteit en optrede (van goue Oues tot Moderne Pop & Rock) nie sal teleurstel nie.

Wynand is baie bekend onder sy mede sangers en kunstenaars en het al saam met persone soos Dozi. Theuns Jordaan, Arno Jordaan, Eden, Elizma Theron. Ook saam Steve Hofmeyr, Jakkie Louw, Bobby van Jaarsveld, Nicholas Louw, Ray Dylan, Marulaboom en nog vele meer.

In 2012 is hy gekies om ‘n optrede te doen as die Afrikaanse kunstenaar, by die SATMA Nominasie toekennings in Kaapstad.

Einde Oktober 2014 wen Wynand ook met sy treffer liedjie “EVA” – in samewerking met die Kaapse “rapper” Q.ROCK (Quintus Swartz) –  die prys vir die liedjie van die jaar.

By die jaarlikse BOKKIE toekennings van Bokradio word hulle bekroon te Grand West Casino, Kaapstad.

In Wynand se totale musiek loopbaan was hy nog nooit by ‘n platemaatskappy nie en het op eie houdjie sy Musiek vervaardig, versprei asook finansier.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis