Andriette

Andriette

Andriette | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Andriette  is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Sy het al verskeie kere tydens KKNK en Huisgenoot-Skouspel opgetree. Van haar treffers sluit in: Napoleon, Dinge, Sewe Oseane, Storm in my hart en Dink aan my.

Andriette - Sewe Oseane
Andriëtte - Mag Hy (Akoestiese Weergawe)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Diamant (2008)

Dink aan my (2009)

Vat my hoër (2011)

Wat rym met liefde (2013)

Pêrel vir ‘n Kroon (2015)

Biografie

Andriëtte Norman het reeds in 2007 as ‘n vars vokale vonds in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie begin woel. 8 jaar later hou sy steeds aan om musiekliefhebbers én resensente te verras met een puik album na die volgende.

Haar kenmerkende lae register verwissel moeiteloos met betowerende hoë note om nuutskeppings soos Napoleon, Sewe oseane, Ons en Met ander woorde -- en haar vertolkings van immergewilde gunstelinge -- in harte, en ranglyse, regoor Suid-Afrika in te sing!

Oor die verstek van 4 hoogs suksesvolle albums – “Diamant”, “Dink aan my”, “Vat my hoër” en “Wat rym met liefde” -- het Andriëtte die lirieke en melodieë van onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer, Vaughan Gardiner, Emil Struwig, Helmut Meijer, Chris Chameleon, Hunter Kennedy, Steve Hofmeyr en Fred den Hartog, sowel as haar eie skeppings, die lig laat sien.

Die albums is uitstekend ontvang, met “Diamant” en “Vat my Hoër” wat goue status behaal het, terwyl “Wat rym met liefde” die kerf van 40 000 verkope verbygesteek en só platinum status bereik het.

Te oordeel aan dié verkope, haar verskeie ranglys treffers, en die opkoms by haar lewenige vertonings regoor die land, is Andriëtte sonder twyfel een van Suid-Afrikaanse musiek se groot gunstelinge, met nog groter mylpale en hoër hoogtes in die visier!

Andriëtte se splinternuwe album, Pêrel vir ‘n Kroon, is landswyd beskikbaar.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis