Pieter Smith

Pieter Smith

Pieter Smith | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Pieter Smith is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is in Potchefstroom gebore en die jongste van drie kinders.

Hy het kitaar begin speel toe hy 4 jaar oud was en vanaf sewejarige ouderdom professionele afrigting ontvang. 

Pieter Smith - Staal Burger
Pieter Smith met sy treffer "Stukkie van der Merwe"
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Die Storie Van Afr Musiek Deel 1 -- 2019

Op Die Eerste Een -- 2016

Niemand Soos Jy -- 2008

Die Een -- 2005 

LIVE -- 2003

Man Op Die Maan -- 2003

Rooikar -- 2002 

Alles wat gejaagd is -- 2001 

Biografie

Pieter Smith is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is in Potchefstroom gebore en die jongste van drie kinders.

Hy het kitaar begin speel toe hy 4 jaar oud was en vanaf sewejarige ouderdom professionele afrigting ontvang. 

In 1993 het Pieter sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Gimnasium, waar hy deel gevorm het van verskeie Rock Bands.

Vandat hy agtien jaar oud is, tree hy professioneel op. Na skool het hy sy tersiêre opleiding in Musiek- en Musiekonderwys voltooi.

Waarna hy as gekwalifiseerde musiekonderwyser by die Laerskool Queenswood afrigting gegee het in kitaar, koor en revue.

Steeds was Pieter se passie vir musiek onvervuld en het hy Woensdag- en Donderdagaande by verskeie kuierplekke in Hatfield Square gesing.

Pieter is een van ‘n handjievol kunstenaars wat self sy lirieke skryf en toonset. 

In 2001 het Pieter se optredebesprekings in so ‘n mate begin instroom, dat hy die onderwys vaarwel moes toeroep.

Sy se eerste debuutalbum, Alles wat gejaagd is sien die lig in 2001, wat toe ‘n nuwe baadjie kry met Rooikar. 

2003 kom Man op die maan uit en twee jaar later, 2005, volg Die Een. Niemand soos jy tref die rakke in 2008 en later daardie jaar bring hy die Spooknote CD uit. 

2011 vier Pieter se tiende bestaansjaar in die bedryf en bring die nuutse CD genaamd “Beste uit Tien” uit.

Met sy gewilde komposisie en treffer “Stukkie van der Merwe” wat tans steeds op verskeie radiostasies se treffers parade lys.

2016 Sien “Op die Eerste Een” die lig.

Pieter is in so ‘n mate suksesvol, dat Steve Hofmeyr hom by geleentheid as die partytjiemaker van die dekade asook een van ons land se mees begaafde liedjieskrywers uitgewys het. 

Sy naam verskyn op byna elke groot kunstefees se kunstenaarslys en sy getroue aanhangers van die afgelope 15 jaar mis nie sommer sy shows wanneer hy in hul omgewing is nie. 

‘n Kuiersessie gemeng met nostalgie en uitstekende vermaak. Daar is Niemand Soos Pieter Smith wat ‘n gehoor kan laat lag en saamsing nie.

Dit het nie als oornag gebeur nie. Dit het bloed en sweet geverg om te kom waar hy is.

Hy is baie dankbaar vir wat hy alles ingesit het om na 15 jaar steeds besig te wees om sy unike stempel af te druk op Afrikaanse musiek. 

Met sy eie lirieke en melodië, het Pieter Smith ‘n huishoudelike naam geword. “Mens moenie net uit Afrikaanse musiek tap nie, maar ook terug ploeg.” Sê Pieter.

Wanneer Pieter wegbreuk van die stad se lawaai sal jy hom heelmoontlik in Plettenberbaai en Lambertsbaai waar hy rus vir sy siel vind.

Geskiedenis is vir hom ‘n groot trekpleister. Hy lees graag Geskiedkundige boeke en as hy kans kry vir ‘n bietjie ontspanning.

As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en ‘n show bywoon, het jy ‘n fout gemaak. 

Saamsing en vermaak uit die boonste rake vir oud en jonk, is nader aan die waarheid van ‘n tipiese Pieter Smith – vertoning. 

Energie- en aksiebelaaide konserte is deel van sy optredes.

Een van die hoogtepunte tydens die optredes is Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale met nuwe tegnieke verras – vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar.

‘n Vertoning wat gestand doen aan die belofte van nostalgie en ‘n heerlike partytjie.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis