Amore

Amore

Amore | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Amore se CD’s “ Kamermuur” en “Desember Liefde” is tans op die rake beskikbaar. Wees ook op die uitkyk vir die Musiek Videos van “Maybe” en “Dis Lekker By Die See”.

Amore Lekker By Die See
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Kamermuur -- 2013

Desember Liefde -- 2014

Bonnie Tyler Tribute -- 2015

Biografie

Amoré is in die Wes-Kaap gebore. Sy was in Panorama Laerskool waar sy op die leerlingraad gedien het. Sy het gematrikuleer by Hoërskool DF Malan waar sy in Netbal uitgeblink en haar provinsiale kleure in 2005 verwerf het.

Amoré het alreeds op Hoërskool vir die bekende Platemaatskappy Select Musiek opnames gedoen vir verskeie “kompilasie-CD’s”.

Haar liedjies verskyn op Hot Summer mix 2005 en 2006 & Hot Winter mix 2005 en 2006, Bakgat 3, Langarm Danstreffers en Gee Vet om ‘n paar te noem! Haar weergawe van onder andere “What a Feeling” en “Wie is jy?” (tans op haar CD “Vervaarding in Suid-Afrika”) is baie gewild by dansklubs.

Sy was ‘n Burger Plusster-finalis en het gedurende die 2005/2006 vakansieseisoen saam met Nicholis Louw, Hi-5 en die ander Plussterre getoer en opgetree in verskeie kusdorpe vanaf Oos-Londen tot in Langebaan voor gehore van tussen 600 en 1500 mense.

Sedert Januarie 2006 het sy haar voltyds op haar sangloopbaan gerig.

Nic Stevens, een van die Snyman broers, het haar talent raakgesien en het sy verskeie optredes saam met hom gedoen. 

Amoré is deesdae ‘n gereelde en gewilde gesig by feeste regoor die land en is sy bekend daarvoor om gehore aan die gang te kry.

Sy het al voorvertonings vir Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Thys die Bosveldklong en Fredi Nest gedoen.

Sy tree tans gereeld op by kuierplekke in die Kaapse Skiereiland en Wes-Kaap sover as George, Mosselbaai, Clanwilliam en Vredendal. Sommige plekke bespreek haar tot ‘n jaar vooruit om seker te maak dat sy gereeld by hulle optree.

In die laaste kwartaal van 2007 het sy ‘n CD opgeneem met die naam “Vervaardig in Suid-Afrika”. Die CD bevat 8 Afrikaanse liedjies en 6 Engelse liedjies waarvan 11 liedjies oorspronklik is. Een van die liedjies “Hier is die song” het sy self geskryf. 


Haar Albums Kamer Muur & Desember Liefde is hierna uitgereik asook ‘n Bonnie Tyler tribute album met verskeie treffers waar jy haar talent uit en uit kan geniet.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage
Musiekhuis