Mathys Roets

Mathys Roets

Mathys Roets | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Mathys Roets is ‘n bekende Afrikaanse sanger. Hy tree ook saam met Kevin Leo en Danie Niehaus onder die verhoognaam Drie van die Bestes op.

Mathys Roets - In My Lewe
Mathys Roets - Gert Vlok Nel se Treine
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Rembrandt Se Meisie In Die Maan – 2011

In Retrospeksie – 2009

My Storie (DVD) – 2009

a. The Very Best Of Neil Diamond – 2008

b. The Very Best Of Roger Whittaker – 2008

c. The Very Best Of Cat Stevens – 2008

Fluister – 2007

Sings Leonard Cohen (DVD) – 2005

Die Tyd Sal Leer – 2002

Hy’s Ons Man – 2000

Brug na Nêrens – 2000

A Life In Song – 1997

Nokturne – 1996

Biografie

Mathys Roets is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Hy tree ook saam met Kevin Leo en Danie Niehaus onder die verhoognaam Drie van die Bestes op.

Op 6 April 2009 was hy in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke op pad na die KKNK op Oudtshoorn. Hy het ‘n rugbesering opgedoen wat hom permanent in die onderlyf verlam gelaat het.

Hy is ook mede-aanbieder van KykNET se leefstylprogram, Kamp dit uit, waar hy saam met Alexa Strachan toer. ‘n Woonwa is spesiaal vir hom ingerig om rolstoel-toeganklik te wees.

Hy was ook een van die oorspronklike lede van die kitaarsensasie Ses Snare, saam met Mel Botes, Leon Ecroignard, Wouter van de Venter, Blackie Swart en Tiaan Kotze.

Mathys Roets het sy musiekloopbaan in 1989 begin toe hy met sy kitaar in die hand, in ‘n winkelsentrum in Pretoria, vir fooitjies gesing het. 

In 1996 maak hy ‘n belangrike deurbraak met sy debuutproduksie op die KKNK. In hierdie vertoning, Nokturne, sing hy die musiek van Koos du Plessis. 

Die musiek van Koos du Plessis het Mathys, met sy donker fluweelstem, soos ’n handskoen gepas.

Deur sy loopbaan het Mathys bekendheid verwerf vir sy sielvolle vertolkings van die wêreld se mooiste ballades, veral die musiek van Leonard Cohen, Roger Whittaker en Neil Diamond. 

Die pad wat hy gestap het, was nie maklik nie. Hy het harde bene gekou, self luidsprekers rondgedra en van restaurant na restaurant gegaan om daar te sing, maar toe hy uiteindelik raakgesien word, het dinge behoorlik vir hom vlam gevat.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis