Hugo

Hugo

Hugo | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Hugo is ‘n Afrikaanse sanger en kitaarspeler. Hy is gebore in 1971 in Vanderbijlpark. Na matriek by die weermag aangesluit het in Potchefstroom.

Dis hier in die weermag, 1990, waar die kitaargogga hom gebyt het. Hy leer Anton L’ Amour ken terwyl hy sy diensplig uitdien. Anton kom van die Kaap af, en so maak Hugo kennis met, onderandere, die musiek van Koos en Valiant.

Hugo - Deur die straights
Hugo - Selle ou strate
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Deur Die Straights – 2004

Hartland – 2006

Hugo sing Jim Reeves – 2008

Laai Jou Tas – 2011

Die Hits (Deur Die Straights) – 2016

Biografie

Hugo is ‘n Afrikaanse sanger en kitaarspeler. Hy is gebore in 1971 in Vanderbijlpark. Sy pa het ‘n kleinhoewe tussen Vanderbijlpark en Parys gekoop en daar het Hugo gebly, skoolgegaan in die dorp totdat hy na matriek by die weermag aangesluit het in Potchefstroom.

Dis hier in die weermag, 1990, waar die kitaargogga hom gebyt het. Hy leer Anton L’ Amour ken terwyl hy sy diensplig uitdien. Anton kom van die Kaap af, en so maak Hugo kennis met, onderandere, die musiek van Koos en Valiant.

Hugo was nog altyd ‘n buitemens wat daarvoor lief was om met plante en diere te werk. Na sy weermagopleiding besluit hy om tuinboukunde te gaan swot, ’n besluit wat hom sou dra vir die volgende 10 jaar.

Technikon Pretoria is sy tuiste vir die volgende 6 maande.

Een Sondag oggend, na ‘n aand by die joolplaas, loop hy kitaar in die hand, 4 snare oor, terug huistoe deur ‘n besige vlooimark. Hy vat ‘n ruskans op Woolworths se stoep en vir die grap begin hy ‘n song speel met ‘n hoed wat voor hom op die grond lê.

Wat volgende gebeur is amazing. Mense gooi sowaar geld in die hoed en Hugo speel verder vir seker nog ‘n uur. Tra la la ….R 150 later…genoeg geld vir ‘n student se petrol en kos vir die week .

”Ek het vir die res van my studentelewe my sakgeld elke Sondag net daar verdien, nooit minder as R 200 gekry vir my 2 ure se werk nie.”

Die tuinboukurses was ‘n 2 jaarkursus maar Hugo besluit die technikon is nie vir hom nie en hy gaan werk by die Stadsraad in Vanderbijlpark as Tuinboukundige assistent vir die volgende jaar. Hier leer hy van gras, bome, kweekhuisplante, besproeiingstelsels, tuinuitleg ens.

Eendag gaan ondersoek hy ‘n klagte van ‘n straatboom wat omgeval het in iemand se tuin. ”Maar mevrou, dis nie ‘n straatboom die nie, hy staan dan in jou erf. Dis nie die stadsraad se verantwoordelikheid nie. Ek sal hom Vrydag na werk vir jou kom opsny en wegry vir R300. Deal?..Ja deal.”

Hugo gaan koop ‘n handsaag en ‘n byl en Vrydagaand 8 uur is die boom weg. Die volgende Maandag plaas hy ‘n advertensie in die koerant oor waarin hy vaardig is.

Die werk stroom in en die sekuriteit van ‘n vaste werk word verruil vir ‘n eenman besigheid. Hugo bedank en “Felco Tree Felling” word gebore.

Die kitaar was nooit ver nie.

As hy klaar gewerk het en daar word vleisgebraai saam met sy pelle was dit die lekkerste om met die kitaar om die vuur te sit. Sommer net so.

Op ‘n dag gaan kwoteer Hugo op ‘n 10 m palmboom wat moet plekmaak vir ‘n swembad. “Hierdie boom sal mooi lyk langs my houthuis.” dink hy. ” Ek het die boom met my bakkie en ‘n trailor aangery.”

Die boom het amper 4 ton geweeg en 2 dae later staan hy, op sy nuwe tuiste, langs die houthuis in die tuin na baie sweet en sukkel. Nou plant Hugo palmbome ook oor.

Hy koop hulle op vir R500 in die onderdorp, en verkoop en plant hulle weer vir die rykmense wat soms tot R6000 vir een betaal. Bome wat hy afsaag word ook nie gemors nie. Stompe word verwerk tot planke en daarmee bou hy die mooiste houtmeubels.

Die besigheid loop mooi tot dit gebeur

“Ek het altyd self met die kettingsaag gewerk omdat dit so gevaarlik is. Soms raak jy mak en dis waar ek my fout gemaak het. Hoog in ‘n boom loop dinge skeef, baie skeef. Die kettingsaag kloof in my been in, ek val uit en in die proses skeur ek ‘n paar ligamente en ontwrig my skouer.” Eina!!!! Dit was ‘n slegte tyd, maar die musiek is nog altyd daar…

Hugo kon na die ongeluk nie weer sy besigheid ten volle laat funksioneer nie. Maar soos hulle sê, ‘n boer maak ‘n plan. Op die kleinhoewes was daar nie vullisverwydering soos in die dorp nie. Elke Vrydag laai Hugo sy en sy pa se vullissakke op en gaan gooi dit weg by die vullishoop.

Die buurman vra eendag of Hugo syne ook sal saamvat teen ‘n fooi en ‘n nuwe besigheid word gebore.

Weer die advertensie… Die besigheid brei uit en trokke, drywers ens. word aangeskaf om aan die sowat 400 kliente se behoeftes te voldoen.

Die musiek het nou meer ernstig geword en waar daar ‘n pub of restaurant in die dorp is sal jy vir Hugo en sy kitaar kry. In 2002 reel hy ‘n show vir Theuns Jordaan en Hugo klim vir die eerste keer op ‘n verhoog voor 1000 mense om die voorvertoning te doen.

Hy besluit om die werklike musiekbedryf aan te pak, verkoop die vullisbesigheid en belê die geld dan in sy eerste cd….”Deur die Straights”(2004).

Theuns neem Hugo saam op sy kustoer en gee hom sodoende die geleentheid om die bedryf onder die knie te kry.

”Dis min gevestigde kunstenaars wat jou so geleentheid bied en daarvoor is ek baie dankbaar”

Vandaar kyk Hugo nie terug nie. Dit loop nou volstoom met “Deur die Straights” wat goue status behaal het, en die 2 de album “Hartland” kort op sy hake.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis