Viljoen Retief

Viljoen Retief

Viljoen Retief | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Viljoen Retief is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy maak sy debuut in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in Maart 2007 met sy eerste CD getiteld Jou Wêreld Wag.

Met dertien oorspronklike snitte maak hy sy merk as liedjieskrywer, sanger en musikant, met sy musiek wat oud en jonk raak. 

Viljoen Retief - Droomvanger
Viljoen Retief - Meerkat
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Jou Wêreld Wag -- 2007

Soos die wind -- 2009

Droomvanger -- 2012

Meerkat -- 2018

Biografie

Viljoen Retief is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy maak sy debuut in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in Maart 2007 met sy eerste CD getiteld Jou Wêreld Wag. Met dertien oorspronklike snitte maak hy sy merk as liedjieskrywer, sanger en musikant, met sy musiek wat oud en jonk raak. 

In 2009 teken hy sy eerste volwaardige platekontrak by SMP en neem twee albums op getiteld Soos die wind en Droomvanger

Met Viljoen se uitsonderlike liedjieskryf-talent skryf hy ook liedjies vir ander SMP-kunstenaars. Hierdie kunstenaar met sy pragtige stem en besonderse persoonlikheid is ‘n treffer met sy lewendige optredes.

Viljoen Retief het einde 2006 een oggend werk toe gery toe hy ‘n Bob Dylan-liedjie oor die radio oor.

“Ek het 7:40 my pa gebel en gesê ek gaan vandag bedank – ek wil vir die res van my lewe musiek maak.”

Ds. Johan Retief het gewag vir daardie oproep van sy seun. Want hy het lankal geweet wat die res van Suid-Afrika nou weet. Viljoen Retief se musiek is sy kuns en sy passie – dís waarmee hy goed is.

Dié Kapenaar se tweede album, Soos die wind, word amptelik op 16 Maart in Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville, Kaapstad bekend gestel. Die titelsnit geniet reeds speeltyd op RSG.

“Ek het al die liedjies op die album self geskryf,” vertel Viljoen. “Ek skryf graag oor plekke, mense en alledaagse dinge.

Dis moeilik om my musiek in ‘n genre vas te vang, maar ek reken dis volwasse kontemporêre musiek met ‘n tikkie folk.

Liedjieskryf is vir my ‘n kuns – ek volg nie trends nie, ek volg net my hart.”

Hy sê elke liedjie vertel sy eie storie. “Tog hoop ek mense haal uit liedjies dít wat vir hulle weer iets beteken.”

Viljoen en Karen Ferreira sing ook ‘n duet, “Kan jy my hoor”, op die album. “Dis ‘n dialoog tussen twee mense wat mekaar net nie kan vind nie,” verduidelik hy.

Die musiekvideo van “Soos die wind” word in Februarie vervaardig, en Viljoen is baie opgewonde oor die belangstelling wat daar reeds is.

“Ek was nog altyd baie lief vir musiek gewees, en van skooldae af speel ek in bands,” vertel hy. “Ons is ‘n musikale gesin en almal geniet dit om musiek te maak. Ek het my eerste liedjie al op 12 geskryf.” 

Sy pa is die “Mozart van Montagu” gedoop toe hy skaars nege jaar oud was, en Viljoen se ma, Betsie, is ‘n pianis in die kerk. Sy suster, Elisabeth, is die departementshoof van musiek by ‘n privaatskool in Pietermaritzburg.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis