Helene Bester

Helene Bester

Helene Bester | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Helene Bester is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Nie net is sy ‘n briljante sanger en liedjieskrywer nie. Sy het ook al op verskeie programme gepronk as aanbieder.

Helene Bester - Iemand om vas te hou
Helene Bester en Kristi Kat - Trekker (feat. Righard Van Jaarsveld)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

‘n Storie Van Eerstes (Single) -- 2018
Op die Plaas -- 2016
Tussen Die Lyne -- 2012
Grootste Treffers -- 2009
Oorgee -- 2007
Hou Van Jou CD
Wens CD
Hou Van Jou -- 2004
Wens -- 2002

Biografie

Helene Bester is ‘n Suid Afrikaanse sangeres en tv aanbieder.

Sy is in 1997 deur die ATKV as beste opkomende sanger aangewys.

In 1999 tree sy by haar eerste kunsfees, Aardklop, saam met Mathys Roets op. Sy het sedertdien by verskeie kunsfeeste, insluitend die KKNK opgetree. Sy is geliefd onder die feesgangers.

Na die vrystelling van haar derde album word sy genooi om by Huisgenoot Skouspel op te tree. Vir drie jaar deel sy daar die verhoog saam met sangers soos Jannie Moolman, Jak de Priester, en Laurika Rauch.

Nie net is sy ‘n briljante sanger en liedjieskrywer nie. Sy het ook al op verskeie programme gepronk as aanbieder.

Met die rits lekker ervarings van haar loopbaan, kom deel Helene nie net haar liedjies nie. Ook die staaltjies wat daarmee gepaard gaan.

Enige kuier saam met Helene beloof om ‘n aand van goeie musiek, lekker lag en lekker gesels te wees.

‘n Nuwe Afrikaanse kindermusiek album, getiteld ‘Op die Plaas’, is deur Helenè Bester en Kristi Kat uitgereik. Dit beloof om ‘n treffer te wees onder jong kinders en hul ouers.

Dit is Helenè Bester se eerste kinder-album en dié keer word sy vergesel deur ‘n vriendelike karakter, genaamd Kristi Kat.

Helenè, wat self ook deesdae ma is van klein Kristi Ellen Theron, sê sy kan haar nou vereenselwig met ouers wat op soek is na gehalte-musiek vir hul kinders.

“Ek het besef daar is ‘n behoefte aan nuwe Afrikaanse musiek en veral aan goeie, verwerkte FAK-liedjies,” sê sy.

Helenè Bester, self ‘n voorstaander van suiwer taalgebruik, sê: “Daar is nie baie Afrikaanse kinder albums vir ouers beskikbaar nie.

Ek voel dit is belangrik dat kinders steeds goeie Afrikaans moet leer praat en sing, reeds van ‘n vroeë ouderdom af.

Hierdie produksie is dan ook so saamgestel dat dit hierdie doelwitte ondersteun.”

Van die snitte sluit in die bekende Hasie (oorspronklik deur Al Debbo vertolk) en Des en Dawn Lindberg se Die gezoem van die bye. Die lirieke is effens gemoderniseer en Roche Victor het as musiekregisseur vir die album opgetree.

Afgesien van bekende treffers soos Oupa se Ford en immergroen slaaptyd-liedjies soos Sterretjie, bevat die album ook vier splinternuwe snitte (deur Helenè self geskryf). Gebedjie, Die Plaashek en Kristi Kat, die temalied.

Kristi Kat is die groot en vriendelike pienk-en-blou kat wat saam met Helenè optree en maatjies met haar oulike persoonlikheid betower!

‘Op die Plaas’ is geskik vir voorskoolse luisteraars, maar jong kinders vanaf graad 1-3 sal ook hierby kan aanklank vind. Die snitte is geskik as goeie materiaal vir deelname by kunswedstryde.

Helenè het ‘n lank gevestigde naam in die Afrikaanse ligte musiek-bedryf en is vir, onder andere, Geraas- en Ghoematoekennings benoem.

Sy is bekend vir gewilde treffers soos die duet Nie te Laat nie (geskryf deur Barney Lategan), waarvoor sy en Gerhard Steyn in 2012 ‘n Tempo-toekenning ontvang het en die Youtube treffer, Iemand om vas te hou.

Helenè Bester was al voorheen ook benoem vir Tempo-toekennings in die kategorie: Vroulik Kontemporêr.

Helenè doen tans verskeie solo-optredes en tree ook saam met haar broer Cobus Bester op, maar vir eers verg Kristi Kat al haar aandag!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis