
Tobi Jooste | Suid Afrikaanse Kunstenaars
Tobi Jooste is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Hy is bekend as minnesanger, TV-aanbieder, model, sakeman en skywer. Deesdae tree hy ook op as motiveringspreker.

Diskografie
‘n Man se Hart – 2016
Katedraal – 2016
Die Beste Sover – 2014
Amore – 2010
Hartkamers – 2003
Biografie
Tobi Jooste is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Hy is bekend as minnesanger, TV-aanbieder, model, sakeman en skywer. Deesdae tree hy ook op as motiveringspreker.
Nou, vir die eerste keer deel hy sy besielende boodskap met sy aanhangers in ‘n heel nuwe formaat.
‘n Reisverhaal wat inspirerende lewenswaarhede opdiep, die generasiegaping oorbrug en beloof om lewens te verander.
Hy is gebore op ‘n wynplaas en het grootgeword op ‘n Karooplaas. Skoolgegaan in die skone Paarl waar die musiekgogga hom gebyt het. Vandag, lyk die storie anders.
Tobie se sesde Musiekalbum verskyn Januarie 2015 en in 2016 sy eerste DVD wat tans op pad is na GOUE status.
Sy DVD, Die Katedraal is ook benoem vir ‘n GHOEMA-toekenning as Beste Gospel-DVD vir 2017.
Tobie se tweede boek, Daar’s ‘n Effeltoring in Sy Boedel (uitgegee deur NALEDI), was gedurende 2014 die 4de Beste Afrikaanse verkoper in die land en die vierde druk is pas uitverkoop!
Sy boek word tans oorweeg as voorgeskrewe boek.
Tobi is ook ‘n suksesvolle besigheidsman. Hy het op die ouderdom van 33 Direkteur geword van sy eie maatskappy wat water- en sanitasie-suiweringsprodukte vervaardig en uitvoer na Afrika.
Hy is lief vir kos, lees en reis en is ook tussendeur Bloss tydskrif se kos- en boekredakteur.
Suid Afrikaanse Kunstenaars
