
Nic Stevens | Suid Afrikaanse Kunstenaars
Nic Stevens is die verhoognaam van Stephan Snyman. ‘n Afrikaanse sanger wat ook saam met sy bloedboers in die musiekgroep Broers optree.
In 2005 word sy liedjie Jonk Bly op kykNET se top 10 aangewys as die 4de beste liedjie van die jaar.

Diskografie
Toeter Skoeter – 2017
Jonk Bly – 2004
Everybody – 2001
Biografie
Nic Stevens is die verhoognaam van Stephan Snyman. ‘n Afrikaanse sanger wat ook saam met sy bloedboers in die musiekgroep Broers optree.
Sy eerste album, Everybody is in 2001 deur Snyman-musiekproduksies vrygestel.
In 2004 word sy eerste Afrikaanse album, Jonk Bly uitgereik. Hy is bekend vir treffers soos Toeter Skoeter, Jonk Bly, Dis altyd lente en Jy maak my mal.
Snyman het ‘n B.Mus-graad by die Universiteit van Kaapstad verwerf met klavier as hoofinstrument. Hy bespeel ook die trompet en kitaar.
In 2005 word sy liedjie Jonk Bly op kykNET se top 10 aangewys as die 4de beste liedjie van die jaar.
Hy is op 28 Julie 1975 te Kaapstad gebore. Sy verhoognaam Nic Stevens is te danke aan die feit dat sy eerste CD in Engels was en in opdrag van sy platemaatskappy moes hy ‘n Engelse naam hê.
Hy het egter oorgeskakel na Afrikaanse musiek en sukses behaal met treffers soos “Jonkbly”, “Dis altyd lente” en “Toeter Skoeter”.
Hy het ook ‘n briljante “tribute” album vrygestel en ook konsterte aangebied onder die titel “Nic Stevens sing die musiek van Brian Adams”.
Met sy lewenslustige optredes is hy immergewild onder jonk en oud. Deur die jare is hy genomineer vir verskeie toekennings en sy CD’s is gereeld onder die top verkopers.
Suid Afrikaanse Kunstenaars