Desmond Wells | Suid Afrikaanse Kunstenaars
Desmond Wells se vertonings is altyd vol energie en gelaai met sy eie oorspronklike komposisies asook nuwe en ouer Engelse treffers!

Diskografie
Desire – 2011
Dans My Verlief – 2013
Jy’s Die Een – 2014
Staan Vir Altyd By My – 2017
Dans Dit Beter – 2019
Biografie
Desmond Wells se album “Dans my verlief” is deur Sony/Select musiek vrygestel.
Liedjies soos Savannah’s Smile, Bloubergstrand & Dans my verlief speel steeds op al die groot radio stasies in die land.
Sy album Desiré was vir ‘n Huisgenoot Tempo toekenning benoem as die beste Afrikaanse dans album van 2012.
Hy is ook dieselfde jaar gekroon as die gewildste manlike kunstenaar in die Wes Kaap tydens die Bokkie musiek toekennings voor ‘n volgepakte Grand West arena!
Die eerste album Heeltyd Speeltyd was in 2006 vir ‘n SAMA toekenning benoem as die beste Afrikaanse dans album van daardie jaar!
Vorige albums “Jy’s die een” en “’n Stukkie van jou hart” het ook landwyd radiostasies se trefferparades gehaal.
Vele treffers soos “Kom terug na my”, “Oor 15 minute”, “‘n Stukkie van jou hart” en “Veels geluk liewe maatjie” opgelewer.
Desmond het al op vele televisie programme soos Fiësta, DKNT, Toks en Tjops, Musiek Roulette en Jukebox verskyn.
Sy musiek video’s speel ook gereeld op Kyknet..
Oor die afgelope 10 jaar is sy liedjies al op meer as 600 000 kompilasie albums landswyd verkoop.
Desmond se vertonings is altyd vol energie en gelaai met sy eie oorspronklike komposisies asook nuwe en ouer Engelse treffers!
Suid Afrikaanse Kunstenaars