
Hennie de Bruyn en die Kitaarkerels | Suid Afrikaanse Kunstenaars
Hennie de Bruyn en die kitaarkerels is ‘n moet vir jou volgende funksie of fees. Skuif weg die tafels, want die Kitaarkêrels met hul warm vingers gaan die voete vas aan die vloer hou.

Diskografie
Silwer Gospel Snare – 2008
Vuurwarm Vingers – 2008
Kitaar Trippel – 2008
Warmvat Snare – 2008
Vurige Snare – 2009
Rig Jou Hande Na Bo – 2009
Kitaar Kwêla – 2013
Skoffel In Die Skuur (Deluxe) – 2014
Weskus Snare 2015 – 2015
Bosveld Kitare – 2016
Kalahari Skoffeltyd – 2018
3 Ghitaar Jolyt – 2019
Biografie
Hoe moeiliker dit gaan met die land en die feit dat ons meer in donker gehul is as lig, keer dit nie die Kitaarkêrels om Jolyt te hou nie. Ja, hulle lig sommer die gemoed uit staanspoor met SHARKY TOWN SKOFFEL; die eerste snit op hul splinternuwe album, 3 Ghitaar Jolyt.
Hennie de Bruyn het homself deur die jare oor en oor bewys hy is ‘n kêrel wat ‘n kitaar kan slaan en sáám is die driemanskap pure jolyt as hul die kitare nader trek.
Hennie de Bruyn het die kuns vervolmaak om musiek te maak wat nie net lekkerluister is nie.
Maar ook lekker-dans-musiek is. Met vinnige vingers TIPPI TIN hulle oor die snare, maak ‘n LANGPAD KWELA kort en met FANIE EN PENNY SE SETEES is dit net een pad, KOM LAAT ONS DANS.
Ja, als treffers van die album. Daar’s iets vir die NOOINTJIE VAN MY HART en selfs ‘n TAMMALETJIE of twee. Terwyl SPOORNET SETEES waarmee hul die album afsluit, amper nostalgies is met die trein se shant en die spore wat agter lê soos die brug van ‘n kitaar wat neergelê word. Amper spyt die album is ‘verby’…
Hennie was al die jare ‘n ambagsman, maar het reeds op die ouderdom van tien jaar geleer hoe om die kitaar te bemeester.
Vandag is Hennie ‘n huishoudelike naam met al meer as 23 albums op die rak, DVD’s, SATMA-, SAMA en GHOEMA-toekennings om maar ‘n paar hoogtepunte te noem.
Hennie de Bruyn en die kitaarkerels is ‘n moet vir jou volgende funksie of fees. Skuif weg die tafels, want die Kitaarkêrels met hul warm vingers gaan die voete vas aan die vloer hou.
Suid Afrikaanse Kunstenaars